Jongste aktiwiteit:

Kom stagneer in my hart

In die skroeiende laatnag-uur
trek eensaamheid in rou
swartlamfer oor my kyk
skyn die Hemelse sfeer sterreloos, leeg
klink die naguil se roep klakkeloos en;
my siel skree in wanhoopstaal
ág –
word jy deel van
my biografie

Kom snoei nou die
wilde bouquinevilla
dat dit weer in volheid
maldadigpers kan blom
kom deel my lewe,
ruk die stom uit die sterre
se konfetie kors

Nou nooi ek jou,
om te kom ryloop deur my visioene
kom tooi my gedagtes in skarlaken
anker my voete van klei
in ‘n marmer fondament
en wees jy –
die stagnasie
van my hart . . .

© Anzè Bezuidenhout

*Skildery deur Thomas Pollock Anschutz




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed