Jongste aktiwiteit:

Droomland Liefdesfantasie

Droomland Liefdesfantasie

Snags wandel ek in my drome na ‘n geheime Kammaland
waar my geliefde wag maar waar is my droomwandelinge
wie gryp en steel dit van my weg nes ek wakker word
en waar word dit versteek, want die ingang bly verborge
en open slegs gedurende jou diep rustige slaap—
Ek en my geliefde loop hand aan hand in Kammaland
se sprokieswêreld en het geen afspraak ooit gemis
en sodra ek ontwaak is besoektyd verby in Kammaland
asook die oomblik van volmaakte geluk verstreke as
slegs ‘n droomland liefdesfantasie—

Janetta – Helena [Babs]©




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed