Diverse Liefdes
Diverse Liefdes
Liefde is so ‘n wye begrip en
is nie beperk tot die erotiese
mens tot mens verhoudings nie—
Al my voorkeure wissel in grade van
liefde soos in kosse, plante, diere, familie,
platoniese vriendskappe en sluit dus
die breë spektrum van die lewe in
met al die diverse afdelings en oral
skuil my verborge voorkeur of liefde—
Vir my is ek hou van, of my voorkeur,
sinoniem met ek is lief vir, en daarom
is ‘n beker stomende warm koffie en
beskuit vroegoggend, pure liefde—
Janetta – Helena [Babs] ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
en so voel ek ook oor my koffie.. baie mooi tannie Babs