Ek Onthou
Ek Onthou
Hoe kan ek julle ooit vergeet
wat my lewenspad gekruis het?
Hoe kan ek julle ooit vergeet
wat ‘n impak op my lewe gemaak het
mense doodgewoon en lojaal tot bo
gemiddeld en begaafd want vir almal
was ek lief ongeag op eie meriete—
Hoe kan ek julle ooit vergeet
al die paaie wat ek deurkruis het
die reguit hoofpaaie en afdraai kronkelende
tweespoor plaaspaaie na gasvrye mense en mooi
opstalle my voetspore lankal uitgewis vergete—
Hoe kan ek julle ooit vergeet
al die vriendelike drumpels wat ek in my
lewe betree het en in hartlikheid ontvang is —
Hoe kan ek Hom ooit vergeet
wat altyd by was in my veilige omswerminge,
hoe kan ek dit alles vergeet?
O, ek onthou, ek onthou almal en alles,
ek onthou!
Janetta – Helena [Babs] ©
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Wat n kosbare ode aan vriendskap met n treffer slot tannie Babs... pragtig gepen