Jongste aktiwiteit:

DIE VYF MILJOEN RAND MOORD HFSTK 8

Kas wag omtrent n halfuur lank toe die konstabel Marie in sy kantoor inbring. Kas groet haar: “Dankie dat jy gekom het juffrou de Villiers.Sit gerus en kan ek jou iets aanbied om te drink”, vra hy.

Marie skud haar kop en Kas wys die konstabel dat hy maar kan gaan. Toe die konstabel uit is trek Kas n skryfblok nader om Marie se verklaring af te neem. Eers neem hy haar volle besonderhede en dan vra hy haar eers n paar vrae voordat hy die verklaring begin afneem.

“Marie eerste vraag wat ek wil vra, is jy bewus van enige verhouding met n ander vrou waarin Stefan betrokke was”.

Marie antwoord dadelik: “Ja Kaptein hy was in n redelike intieme verhouding met Chantal de Beer wat voor my sy sekretaresse was. Laurika het, nadat ek haar vertel het, hulle by die golfbaan, waar hulle saam golf gespeel het, gaan konfontreer oor hulle verhouding. Ek was nie daar nie maar het die Saterdagaand n oproep van Laurika ontvang waarin sy my van die konfontrasie vertel het. Blykbaar het sy by Stefan aangedring dat hulle die verhouding be eindig en dat hy haar ook ontslaan as sy sekretaresse en dat ek aangestel word”.

Kas maak die hele tyd notas en vra dan: “Marie, hoe het sy uitgevind van die verhouding”.

“Ek en Laurika was redelike groot vriende en sy het haar lot oor die feit dat Stefan nie met n gesin wil begin nie by my die Saterdagmiddag in n koffiekroeg na werk kom bekla. Ek het haar daarvan vertel”, antwoord Marie.

Kas maak weer aantekeninge en kom sy volgende vraag: “Hoe intiem was hierdie verhouding Marie”.

“Kaptein intiem genoeg. Hy het haar soms saans by haar woonstel besoek en daar was wegloop naweke onder die voorwendsel van bosberade met firmas wat hulle moes konsulteer. Ek het met rekeninge in die firma gewerk en dit was vir my opvallend dat daar nooit rekeninge aan hierdie firmas uitgereik was nie en daar dus ook nie betalings was nie”, antwoord Marie.

“Is Stefan bewus daarvan dat jy weet van hierdie verhouding”, is Kas se volgende vraag.

“Ja kaptein en hy het my versoek om nie n woord daaroor te rep nie. Sy verskoning was dat hy dan, al het hy dit nie gedoen nie, nommer een verdagte sal wees”, is Marie se antwoord.

“Marie, wie dink jy is verantwoordelik vir die opdrag aan hierdie vent om met Laurika se motor te peuter”, vra Kas terwyl hy indringend vir Marie kyk.

“Ek weet nie kaptein, my eerlike mening is dat dit enigeen van die twee of albei kan wees. Ek moet byvoeg dat ek die vent wat in die foto is nooit by die werk gesien het nie maar in die rekeninge afdeling sien jy nie almal nie. Hy kon dus vir Stefan kom sien het sonder dat ek hom opgemerk het”.

“Ek dink eerder hierdie ding is nie by die kantoor gereël nie. Marie ek het nou n redelike prentjie van wat gebeur het. Ek gaan nou jou verklaring skryf en dan kan jy hom deurlees en as jy tevrede is dit vir my onderteken”, antwoord Kas en begin vir Marie n verklaring neerskryf.

Na amper twee ure is hulle klaar daarme en onderteken Marie die verklaring om Kas net daarna te groet en te vertrek, sy wil vroeg moreoggend na haar ouers toe gaan om vir die naweek daar te gaan kuier.

Dit is nou wel more Saterdag maar hieraan steur Kas hom min. As bloedhond eers spoor gevat het gaan staan tyd vir hom stil. Voor hy huis toe gaan maak hy nog n paar aantekeninge en weet hy, al skakel wat hy nog kort is Langes Naude en die gaan beslis n harde neut wees om te kraak as hy hom in die hande kan kry. Intussen is nog n besoek aan Stefan Botes en Chantal de Beer eerste op sy lys more.

By die huis gekom wag rooikop Annetjie hom in. Sy soengroet hom en vra met n frons: “En waar kom jy nou vandaan meneer. Jy lyk kompleet soos n kat wat in n roomkan geval het en die kos word koud”.

Kas druk haar teen hom vas: “Hierdie kat het in n roomkan geval. Kom ek wys jou Marie de Villiers se verklaring wat sy by my afgelê het”.

Kas trek haar langs hom neer en gee die dossier vir haar om te lees. Sy sit die dossier neer en staan op om kombuis toe te gaan: “Ek gaan eers vir jou inskep ou grote, ek het klaar ge eet. Terwyl jy eet sal ek gou die dossier deurlees en jou my mening gee”.

Na n paar minute is Annetjie terug met Kas se kos en begin hy weglê terwyl sy die dossier bestudeer. Toe Kas klaar is is sy ook klaar met die dossier. Sy maak dit toe terwyl Kas sy bord op die koffietafel neersit.

“Kas, ek voel dit aan. Hierdie Chantal is die een wat dit beplan het en Langes Naude opdrag gegee het om met Laurika se motor se remme te peuter. Hy sou dit beslis nie verniet gedoen het nie en kan dit dalk wees dat Stefan die fondse verskaf het om Langes te betaal. Ek glo nie sy is die tipe meisie wat hierdie tipe geld sal hê nie”, gee Annetjie haar mening.

“Skattebol, ek gaan haar more bsoek. Ek het die adres by Marie gekry en ek wil jou saam neem. Dan kan jou speurdersneusie weer oortyd werk”, nooi Kas haar.

Sy antwoord is n vliegende kussing wat hom lelik laat koes voordat hulle laggend in mekaar se arms beland en hulle met n liefdesspel begin vir die aand.

Stefan Botes sit sy situasie die aand lank en oordink. Hy weet nog nie van die verklaring wat Marie afgelê het nie en konsentreer sy gedagtes op die uitskakeling van Chantal wat nou vir hom die grootste bedreiging is. Hy dink nie meer rasioneel nie en dit is toe wat hy besluit hy gaan haar more besoek. Hy gaan hom baie verlief hou en dan op n manier aanbied om vir hulle koffie te maak. Hy gaan n botteltjie gif wat in die motorhuis staan en vir miere gebruik word, saamneem en probeer om dit in haar koffie te gooi. Met hierdie gedagte klim hy in die bed om dadelik, nadat hy n slaappil gedrink het, aan die slaap te raak.

Stefan is vroegoggend wakker. Hy gaan stort, maak vir hom koffie en trek daarna aan. Voor hy motorhuis toe gaan gaan hy op internet in en stel so vas hoeveel van die miergif dodelik is.

In die motorhuis neem hy die botteltjie miergif van die rak af en sit dit in sy sak en vertrek na Chantal se woonstel toe.

Toe hy aan die deur klop maak sy die deur oop, nog in haar nagklere geklee met net n kamerjas oor haar slaapklere. Verbaas maak sy die veiligheidsdeur oop en toe Stefan instap is sy in sy arms en groet hom met n innige soen.

Sy staan weg: “Stefan dit is nou n verrassing. Wat waai jou so vroeg in die oggend hier uit”.

Stefan antwoord terwyl hulle gaan sit: “Ek kom vir ons koffie maak en dan kan ons rustig dinge sit en bespreek. Gaan trek gou aan terwyl ek vir ons koffie maak”.

Chantal staan op om te gaan aantrek en Stefan sit die ketel aan om vir hulle koffie te maak. Hy is bly dat sy haar slaapklere aan het want terwyl sy in die kamer is kan hy ongesteurd koffie maak en die gif in haar koffie gooi.

Hy maak vir hulle koffie en sorg dat hy so staan dat sy nie die koppies voor hom kan sien as sy uit die kamer uitkom nie. die idée by Stefan is om as sy in n beswyming raak n halwe glas water langs haar neer te sit en haar hand om die glas te vou dat haar vingerafdrukke op die glas is nadat hy dit afgevee het. Hy het ook n stel plasiese handskoene saamgebring om die glas mee te hanteer. Die botteltjie gif sou dieselfde behandeling gekry het, sodat dit lyk of sy selfmoord gepleeg het.

Toe sy uit die kamer uit kom is die koffie net gereed en die gif in haar koffie gegooi. Hy het heelwat ingegooi om seker te maak dat die gif werk en toe sy sit sit hy haar koffie by haar neer en neem langs haar plaas met syne.

Stefan se plan misluk. Toe Chantal die koppie na haar lippe toe bring ruik sy dat die koffie nie reg is nie en staan op met die koppie in haar hand.

“Iets is nie reg met hierdie koffie nie Stefan, dit ruik so snaakse ruik”, en met die buig sy vooroor voor Stefan om aan sy koppie in sy hand te ruik.

Stefan probeer skerm: “Is dit nie dalk die melk nie”.

Chantal kom weer regop: “Snaaks Stefan jou koffie ruik reg”, en met die stap sy kombuis toe met haar koppie in die hand. In die kombuis sit sy die koppie op die wasbak neer, stap reguit yskas toe en haal die melk uit. Sy ruik aan die melk, sit dit terug en draai na Stefan toe.

“Stefan jy het iets in my koffie probeer gooi, jy het my probeer vergiftig om ontslae te raak van my jou lae gemene vuilgoed maar jy gaan nie wegkom hiermee nie jou lae vullis” konfontreer n nou woedende Chantal hom.

Chantal is nie verniet n agterstraat meisie nie en kan vuil baklei as dit moet. Sy storm op Stefan af en klap hom. Hy probeer keer maar Chantal is histeries terwyl sy aanhou slaan en Stefan die houe probeer afweer. Dan klap Stefan haar teen die kant van die gesig wat haar teen die kombuiskas bokant die wasbak laat vas steier. Die hoek van die kas beseer haar teen die kant van haar kop en sak sy bewusteloos inmekaar met n bloedstreep wat teen haar gesig afloop.

Stefan raak desperaat en besluit om pad te gee. Toe hy die voordeur oopmaak en die veiligheidsdeur wil oopsluit staan Kas Dreyer en Annetjie voor die deur. Hy raak lam want hy besef dadelik dat hy nou in n netelige situasie is maar sluit die deur oop. Sy verstand werk oortyd om aan n verskoning te dink hoe om homself uit hierdie situasie te kry. Sy het hom immers eerste aangeval. Maar nog steeds hoe verduidelik hy dat hy wou padgee en haar net so los.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed