Jongste aktiwiteit:

Sy

Ek het van my twintigs af, ʼn prentjie in my kop gekry, toe ek vrouwees en God beter probeer verstaan.
Noukeurig het God sy tyd gebruik toe hy Adam geskape het. Adam is met kundigheid beplan, tot perfeksie afgerond en in liefde geskape. Hy het hom so gekyk…die man…en die diere en al Sy skeppings, maar ietsie moois was kort.
Ek sien in my geestesoog hoe ons kreatiewe Skepper hoog bo op een van Sy berge gaan sit en gedink het.
Op die sesde dag kom ons Skepper se kreatiwiteit uit soos ʼn kunstenaar voor ʼn leë doek met verf en kwaste en ʼn skootjie waansin…van afwagting.
Hy skep nog ʼn wese, die vrou.
God speel met skoonheid, sagtheid, hormone en emosies. Hy herskryf liefde, vul met sintuie, meng emosies. Haar afwerkings, tot perfeksie.
Oor haar voltooide lippe sit Hy Syne en blaas lewe in die vrou.
Ek in my geestes oog sien ek deurmekaar hare, sweet druppels op Sy voorkop, moeg maar tevrede. Sy beste skepping nog, want Hy het daarna gaan rus.
Sedertdien is daar baie stories. Boeke is oor haar geskryf…die grootste oorloë is oor haar geveg. Sy dra en skenk lewe.
Cleopatra, Delilah, Rut, Sarah, Joan of Arc, Maria, Moeder Teresa, Diana…en jy, vrou.




6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed