Verlange wat bloei
Volmaan, liewe volmaan
jy seil so langsaam
deur die awendwolke heen
soos ‘n groot verlore bal alleen
Plek-plek soos die wolke trek
splinter die lig sag
deur die bleekwit stilte
van die nag
Waggel…steier drome
verstrooid oor die grond
en lӗ nes dooie blare
oral rond
4 Kommentare
-
-
Arnold
So raak elke mens droomverlore oor die maan wat sy lig oor ons gaan. Hou hiervan.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Oi dis so pragtig!