Voor die skeiding
Lank terug, met eerste lig
was die septer nog net tong
sonder die skaad van kleur en pigment
landklip en seenat semper priem
as net ´n enkeleen;
dit was toe reeds
in oomblikke voor die skeiding
wat ek jou knus in my toe kon vou.
Hier vibreer jy almaardeur
die oggend én aande van my oneffe lanfer
sonder bloedkleur aan die lap
vanwaar jy weggeskeur is
en selfs die nate rou;
dit was toe reeds
in oomblikke voor die skeiding
wat ek jou knus in my toe kon vou.
Die sielsangs oorweldig
dat ek agrafies word oor jou
en nie meer kan skryf nie
oor hoe knus ek jou destyds in my kon vou.
© Eduard Smith
2 Kommentare
-
Palet
Stem saam Anze...Puik geskryf
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Jy IS en BLY eenvoudig 'n woordmeester!!!