Jongste aktiwiteit:

Alles Is Wel

Alles Is Wel

Ek sit op die heuweltjie
en tuur oor die geelryp koringland
weids soos ‘n deinende savannesee
en die briesie dit liggies eenkant toe
glad stryk soos hare wat gekam is—
Waar is jou begin briesie , en
waar gaan jy eindig?
Rustig laat golf jy die koringare in ‘n ligte deining
maar in ander oseane golf vlugtelinge in doodsangs
vir fluitende koeëls op ‘n onstuimige diep see,
maar hier op die wye wuiwende koringoseaan
is alles wel—
Die koringsee word later afgeoes, en die
briesie eindig in ‘n windstilte want
alles het ‘n begin en einde maar die koel
briesie waai nog strelend oor my gesig
waar ek steeds sit op die heuweltjie en
dit rustig geniet met die deinende uitsig, want
alles is wel—

Janetta – Helena [Babs]©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Wilma het n geregistreerde lid geword

  • Carlien Lid se profiel foto het verander

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak