Jongste aktiwiteit:

Hi Ingrid

Hi Ingrid

Ek wonder baie of jy bang was vir die pikswart see, daai nag.
Ek wonder baie of jy koud was en wou omdraai terug na jou.. woorde toe. Ek wonder of jy agter gekom het dat jou trane dieselfde proe as die salpeter van die pikswart see. Ek wonder hoe seer jou binneste vir jare moes wees dat dit so hunkering moes hê aan ʼn stadige ontknoping in ʼn – water – weg – dryf.
Ek wonder hoe swart jou gemoed moes wees om sy ewewig van die pikswart see te gaan soek. Het jy met oop oë strak gestaar en saam jou jou mooiste gedig gevat? Dit was vir jou geliefdes ʼn bitterbessie dagbreek…..ʼn bitterbessie son.

Ek wonder of jy wonder….wat het van jou woorde geword…..




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed