Sielmaats
Sielmaats
Toe ons oë die eerste keer ontmoet
het die dowwe sluier oor my geheue gelig,
en ek het geweet –
ek ken jou, al ken ek jou nie.
Jou glimlag was my hele lewe
‘n deel van my eie glimlag,
Die dimpel op jou wang sluimerend in my gedagtes,
Jou stem die wind se melodie
wat elke dag vir my fluister.
Toe ons oë ontmoet, het my siel jou herken,
My hele lewe lank was jy deel van my.
Al die stukke van die legkaart
het inmekaar geval –
om twee dele van een siel
weer heel te maak…
Yolande van Coller
3 Kommentare
-
Anze
Wat n wonderlike ervaring om mens se sielsmaat te herken, pragtig gepen
-
Kiekies
Dit lyk of hierdie woorde so maklik uit jou vingers vloei om sommer so hierdie pragtige gedig te skep!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Mooi