Jentoe
Met skemerdaal het sy verwagtingloos
uit onrussluimering haar losgeskeur,
haarself in skamel klere uitgedos;
gestremd met siel en liggaam sondevoos
haar buurt se stegies op en af gesleur
met haar gewete veilig tuis gelos.
Maar toe die rooidag op die Oosterkim
die vliesig wolkies liggies koper kleur
het sy haar vodgordyntjies toegetrek,
(steeds skamelkledig!) in haar bed geklim
om weg van lig na donkerte te beur
waar sy haar duister knepe kan bedek.
10 Kommentare
-
Eduard Smith
Ek lees ´n seer hierin raak, want het die wete dat ´n enigste ambag ook die dood spoediger sal bring nie; nie net vir die liggaam nie maar ook die gees? Dit is ´n tasbare vers heer, en belig die versugtinge daarin vir my mooi. Dit is moeilik om keurig te skryf oor n sosiale onderwerp wat mens kwalik gereeld onder die loep neem. Ek hou hiervan. Die woord ´knepe´ is aan my onbekend: sou dit streekstaal wees en wat sou dit beteken? Groete Eduard
-
Viooltjie
Dit is werklik 'n baie goeie gedig oor 'n onderwerp waaroor mens nie aldag wil praat nie. Dit help die leser om met simpatie, instede van oordeel, na die peroon te kyk. Baie goeie werk :-)
-
Palet
Baie goed
-
Kiekies
Jislaaik, hierdie puik-puik gedig laat sommer my hart bloei vir hierdie vrou! Bly Eduard het oor knepe gevra, nou het ek ook geleer.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Dis baie mooi vasgepen