Jongste aktiwiteit:

Sewentig maal sewe

Soel seil jy stadig verby my sober siel
terwyl ek sissend jou opslurp
en later loop uit kots van suip en suip
aan jou sinne en jou sagte beloftes.
Soms sotlik kinderlik en sewe maal sewentig
keer se sweer elke keer…
siedend hoe ek sensueel sieklik
raak van suip en suip aan jou sinne
en sagte beloftes.
Tot ek soos slym agter jou sleepsel
in die sand sink en stadig
maar seker stik en stik en sterf
van jou siel se reïnkarnasie wat
sewentig maal sewe keer kom
terug eis




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed