Die lang stoep se marmersuilegang loop uit op die binnehof se trosse-nes en kwelende vinkgesang, waar, by die engele-spuitfontein rooi Poinsettias baldadig vlam, en die Janblompaddas se reënroep, in die mos aanklam. Hier in die mis-ingewerkte leem en direk na die oggendgebed, kom Pater dag na dag rondvroetel om sy elke beminde kruid (van Pimpernel […]
Vleeslose voorvaders lag tandeloos vanagter die pendoringkraal, oor die weglêhorings van die Nguni wat vannag Umyeni’s* lobola betaal. Hits, deur die vliese van ‘n yldunmaan, (oor die blinkboudvel van sy Umakoti* se borsgeswel), die tamboer die feesgangers tot uitbundige vreugde aan. En om en om die hoogvonkvure, stoftrap ritueel-ritmies-in-pas, kaalswetend die makoppa-lywe tot die groot […]
Ma-goed verlate, eet hy uit vullisdromme, slaap hy in asgate en ken hy geen somme of geskiedenis of wetenskap, maar krap hy in stormwaterpype op soek na ‘n stompie om te rook wanneer tandelose ou Tattas in die nag se vriespunt-uur hul konkas rooiwarm stook. Dan, vertel die lied van sy trompie, van die voetpad […]
My tydperk is Picasso – die fjord het saffier gevries. Hier, waar ek smag na my Suiderson, (soos ñ pasgebore kalf na sy Ma se bies), word die tinwolk ñ duif se vergeefse wegfladder met geknipte vlerk; die sneeutrosse ‘n somerrypdruif aan die druilerige takke van ñ naakblou Berk. En in die Rendier se sambrelekroon fantaseer donsiggeel my […]
Ek het deur die newels heen gehoor toe dokter Schoeman sê; “So jammer, Pine, my ou maat, maar die gehoor is die laaste sintuig om die lewe te laat, heelwaarskynlik kan sy ons nou hoor, dus kan jy maar vir oulaas jou liefde betuig, vir oulaas jou hart teenoor haar oopmaak, vir oulaas dalk om […]
Koes-koes, eina! My kop is al foosseer van jou traandrupgekef, ja, van al die ou koeie (maar min wat tref), wat jy vandag weer teen hom aangooi – en nes ek dag die sloot is nou leeg dan kom jy met nog ñ halfdosyn speenkallers oorhoeks opdreef. Maar toemaar, hoor my lied, eendag se eendag […]
Sonde, teel aan soos konyne; ja, voor jy weet lê, (soos uitgespoegde bokdrolle) al jou pêrels voor (sò vraatsugtig) die in-modderrol-swyne. Myne, was die berg Arrarat – maar toe in sielsbelydenis die verbondsark daarteen strand, word, (feniks-herrysend deur die vloed ontkool), my strafvulkaan (in sak en as), uitgebrand. En nou, (dank die Heer), eggolalie my […]
Ek skyn dimpelsag oor kleine kinders laat hulle, in hul drome lag – Ek skyn ñ volle nagwaak oor adel-moeë boere in hulle reënversugtingslaak – Ek skyn ñ nimbusboog oor liefderyke moeders wat hulle babas, so teertroetelsoog – Maar ag liewe Heer, hoe lank moet ek nog skyn oor owerspelers se vreemde-bedde deel? Hoe lank […]
As baba aan moedersbors was ek, (anders as die wind) maar altyd aan broer, suster, man of kind – magneties aan ‘n ander mens vasgekors. Maar na my Wederhelf se dood roei ek so sielsalleen soos Adam (voordat God vir Eva gemaak het), nou skielik my eie euforiese diepseeboot. Vergaap ek my soos Rembrandt aan […]
Met swartklappende vlerke en aasvoël-ongeduld, wag, bo-op saal-7 se hoë vensterbank wag, op ñ seun se asmatiese nood se laaste hygende klank, wag, die engel van die dood. En oor die bed, waak, oor ñ Moeder se smeekgebede, waak, met wit vlerke wyd-oop gesprei, waak, die engel van die lewe. ©Elizabeth Greef