Jongste aktiwiteit:

Die Klooster

Die lang stoep se marmersuilegang
loop uit op die binnehof se trosse-nes
en kwelende vinkgesang,
waar, by die engele-spuitfontein
rooi Poinsettias baldadig vlam,
en die Janblompaddas
se reënroep, in die mos aanklam.

Hier in die mis-ingewerkte leem
en direk na die oggendgebed,
kom Pater dag na dag rondvroetel
om sy elke beminde kruid
(van Pimpernel tot Wynruit)
teer te vertroetel.

Want na sy liefdesleed,
(hy’s vir ‘n ryker ene verlaat),
word Benedictus toe maar askeet
as ñ toegewyde daad;
en met elke dag se soberbreek
wanneer hy die koei kom melk,
takseer hy met oorgretige oog
die wulpse Boerinnetjie wat so onverwelk
haar emmertjie room kom haal.

En met die son se eerste goue strale
wat sag-aaiend soos ou mitologiese verhale
oor haar ivoorwithals skyn,
kan sy oog nie ophou met loer
ja, totdat alles in hom pyn
en die begeerte soos ‘n ewigverlangende duif
uit heel sy binneste koer.

En dan, as sy gans te gou
weer tussen die veldblomgras verdwyn,
prewel hy: heilige Moeder vergewe tog,
vergewe,
vergewe tog ou Bendictus sy lewe
want die spil waarom alles draai
is lankal nie meer die oggendgebede
nie, maar die koeimelk-uur
se hartstogvuur.

©Elizabeth Greef




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed