Jongste aktiwiteit:

Binne ons self …

iewers in die wêreld is daar ‘n land van rus
‘n land van vrede en liefde, een vol lewenslus
waar bome ritsel as die wind sy takke streel
waar blomme oopgaan voor die son se geel

wie weet waar daardie land is
die plek van sielevrede en rus
wie weet waar die soektog moet begin
in ons hart miskien, diep binne-in

ek wil saam met jou gaan na daardie plek
sonder pyn en seer, harte onbevlek
ek wil elke rustig’ oomblik met jou deel
saam met jou sit onder ‘n liefdes-sambreel

as ons net saam is, sal ons daardie plek vind
waar vrede en liefde ons harte saambind
ons kan wyd en ver soek, en baie diep delf
maar as ons mooi kyk, vind ons dit binne ons self

© borrels




daar is 'n plek in my waar ek nog jou vingerafdrukke voel waar jou soene nog talm en jou fluisterwoorde saggies weerklink dit is die plek waar 'n deel van jou vir altyd 'n deel van my sal wees ...

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed