Jongste aktiwiteit:

Intensiewe Sorg-eenheid

Met swartklappende vlerke
en aasvoël-ongeduld,
wag, bo-op saal-7 se hoë vensterbank
wag, op ñ seun se asmatiese nood
se laaste hygende klank,
wag, die engel van die dood.

En oor die bed,
waak, oor ñ Moeder se smeekgebede,
waak, met wit vlerke wyd-oop gesprei,
waak, die engel van die lewe.

 

©Elizabeth Greef




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed