Sonde, soos die berg Arrarat …….
Sonde,
teel aan soos konyne;
ja, voor jy weet
lê, (soos uitgespoegde bokdrolle)
al jou pêrels
voor (sò vraatsugtig)
die in-modderrol-swyne.
Myne,
was die berg Arrarat –
maar toe in sielsbelydenis
die verbondsark daarteen strand,
word, (feniks-herrysend deur die vloed ontkool),
my strafvulkaan (in sak en as), uitgebrand.
En nou, (dank die Heer), eggolalie my zero-verlede,
soos ñ vorstelike pou
op die hoogste kruin van ñ rein gewete;
kabbel my hart Jordaandoop-blou:
die lewe is nou ………,
is nou ……….., is nou!
©Elizabeth Greef
8 Kommentare
-
-
Koekekranka
Wat 'n besonderse (En aangrypend 'anderse'!) belydenis is hierdie nie!!! Pragtig mensie!
-
Eduard Smith
:)
-
Anze
Briljant!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
dit is nou iets heel anders hierdie