Jongste aktiwiteit:

Oggendlied Goue kategorie

Oggendlied Vroeg, voor die dag breek, die nag nog huiwer in indigo-blou as my droom nog soos misvlae aan onwerlikheid klou ryg flaminke hul groet aan die seewind se grou. Vroeg, as dit lig word, wyl misslierte uit die naglug plooi sing die bossanger borrelend die morestond rooi breek sy bruisende liedjie die dag wondermooi […]

Lees meer

Kwatryne in die kou’ – goue kategorie

Kwatryne in die kou’ Die lug was soos jou oë, blou maar die son se strale was al flou swaels het op die draad vergaar, toe’t ek besef hoe mis ek jou. In hierdie skemer, stil seisoen waar bome rus, soos bome doen wyl vrug in stil geheim’nis groei het ek my met my leed […]

Lees meer

Verposing – Goue kategorie

Verposing Die lagune lê stil en silwerig in die half-lou middaguur – ‘n skildery in blou-asuur – en die geur van see hang in die lug. Maar ek wonder – was dit stormweer en woeste wind anderkant die pelikaan se punt daar waar die harderskole loop daar is die see mos wild en oop. ………….. […]

Lees meer

Ek skilder jou – Katergorie – Goud

Ek skilder jou Ek skilder jou, nie in skoonskrif op papier nie want jy sou nooit binne lyne pas nie. In onbevange kwashale verf ek op ‘n doek, sonder buitelyne. Ek liefkoos jou in blou, die geil golwing van jou hare die keping in jou ken en die lyning langs jou mond word my liefkosing. […]

Lees meer

Ons liefde was so ryk – Afdeling Goud

Ons liefde was so ryk Ons liefde was ‘n tafereel teen die hemele geverf lank vooruit bepaal in die legkaart van die lewe soos die ophelder van vergete ou herinnerings verstrengel en vergroei reeds in hart en siel en strewe. Ons sou ‘n leeftyd nodig hê om als weer oor te sê gedigte vir mekaar […]

Lees meer

Beproewing (Goud)

Beproewing Herken jy my wat mense jammerlik laat ly? Gedink jy kan my omhaal ontsnap uit dié wrang verhaal? Kwylend snuif ek op die grond – die snuffel van ‘n honger hond – ek sluip deur donker strate en deur die kamers van jul skuilte. Ek grou in die greining van sy lyf breek sy […]

Lees meer

Winter in Stellenbosch

Die reen sif nou al dae en nagte lank in winterskemering oor naakte boom en wingerdstok, en oor my dak se reeds deurweekte nok. Die wind sug stil, eentonig – asem sonder drif – wyl lewe langsaam pols in ‘n staat van diepe slaap en rus die eike woord’loos skeletaal half versluierd in die mis. […]

Lees meer

Winter aan die weskus

Die son het ongesiens verbygegaan versluier en verberg die mis het soos ‘n grys gordyn als onderlangs verdwerg. So het die dag verbygesleep grou en grinterig die see gedemp, ‘n meeu geruisloos in die somber lug. Die middag laat het opeens die mis soos ‘n oester oopgebreek en die golwe, woes en blou soos ink, […]

Lees meer

Kwatryne in die kou’

Die lug was soos jou oë, blou maar die son se strale was al flou swaels het op die draad vergaar, toe’t ek besef hoe mis ek jou. Die dae het koel geword en kort terwyl die bome al hoe kaler word die wintersreën het sag geval terwyl ek ongesiens my trane stort. In hierdie […]

Lees meer

Die lekker lewe

Ek bring vir jou presentjies in kardoesies van papier samoesas uit die bo-kaap se ou Slamaierwinkel (daardie een van Leipoldt waar dit so lekker kon rintinkel). Ek koop vir jou koeksisters by Saterdag se kerkbasaar (met die soetste, soetste suikerstroop wat teen jou ken afloop) ek bring dit in ‘n bruin kardoes want dit verdryf […]

Lees meer
wag asb.
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Estelle het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Estelle het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Estelle het ‘n nuwe publikasie gemaak