Jongste aktiwiteit:

Ons liefde was so ryk – Afdeling Goud

Ons liefde was so ryk

Ons liefde was ‘n tafereel teen die hemele geverf
lank vooruit bepaal in die legkaart van die lewe
soos die ophelder van vergete ou herinnerings
verstrengel en vergroei reeds in hart en siel en strewe.

Ons sou ‘n leeftyd nodig hê om als weer oor te sê
gedigte vir mekaar te skryf en saam-saam oud te raak
soveel om te doen nog en waaroor ons wou praat
om mekaar hartstogtelik van vooraf oor weer lief te hê.

Wat sou ek tog wou gee om ‘n laaste
leksel heuning nog vir jou te stroop
jou lewe en jou liefde vir myself nog uit te koop
jou stem het opgeraak lief, jou asem al hoe skraler
die dood is so finaal tog, so finaal en algeheel
nou lê my woorde ongesê, verstikkend in my keel.

Ek het jou liefgehad tot met jou laaste asem
maar liefde strek veel verder as ons kosmiese bestaan
verder as die dood nog, ver oor grense heen
– verder as die sterre nog en ver verby die maan –
ons liefde was so skraal in tyd
maar tegelyk tog ook so ryk.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed