Jongste aktiwiteit:

Ek skilder jou – Katergorie – Goud

Ek skilder jou

Ek skilder jou, nie in skoonskrif
op papier nie want jy sou nooit
binne lyne pas nie.
In onbevange kwashale verf ek
op ‘n doek, sonder buitelyne.

Ek liefkoos jou in blou,
die geil golwing van jou hare
die keping in jou ken en die
lyning langs jou mond
word my liefkosing.

Ek moes jou tussen lyne lees
tussen die letters van jou woorde
maar tóg het ek jou geken
jou hartstog en jou drome
jou vertwyfeling, jou vrees.

Jou omvang was veel wyer as wat
my prentjie strek
nou smag ek om jou vas te lê
met kwashale op doek
of met woorde in ‘n boek.




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed