Winter aan die weskus
Die son het ongesiens verbygegaan
versluier en verberg
die mis het soos ‘n grys gordyn
als onderlangs verdwerg.
So het die dag verbygesleep
grou en grinterig
die see gedemp, ‘n meeu
geruisloos in die somber lug.
Die middag laat het opeens die mis
soos ‘n oester oopgebreek
en die golwe, woes en blou soos ink,
het met die son gespeel.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2019 projek