Winter in Stellenbosch
Die reen sif nou al dae en nagte lank
in winterskemering oor
naakte boom en wingerdstok,
en oor my dak se reeds deurweekte nok.
Die wind sug stil, eentonig
– asem sonder drif –
wyl lewe langsaam pols
in ‘n staat van diepe slaap en rus
die eike woord’loos skeletaal
half versluierd in die mis.
In Dorpstraat staan bankies
– reëndeurdrenk, verlate –
Die Braak lê soos van wans af braak
en die bome drup-drup in oordenking
hul eie reëntjie oor die deurnat gras.
2 Kommentare
-

morne du preez
goed gepen
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2019 projek