plegtig
my duin is onrustig nat
nag se reën het dit benat
skreeu meeue hul krasse lied
onder soom elke golf ‘n nuwe lyn
my hart is onstuimig soos die see
my siel bewe van inwendige pyn
rondom my waai winde wat sny
binne staan dit vas soos ‘n rots
alles skreeu in my die refrein:
“tot hiertoe – nie verder nie”
genoeg is genoeg en te veel
geen wekroep is nodig nie
“’n oog vir ‘n oog”
plegtig verklaar
siel van die
volk
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.