As die nag-uur se stiltes oor Karoovlaktes draai en die voëls se kwetter sagte nagsê tjirp-geluide word wyl die skittersterre een-een hul sitplek inneem dan loer die maan versigtig met sy roes-rooioog oor grys platkop heuwels en uitgestrekte rante my voete die strate van die stille Orania wandel ek in ontsag vir die Hemelse heelal […]
As die wind oor dorre Bo-Karoo vlaktes gly en die beeste hul stertkante wind op wil draai die tolbosse ligvoets trippel oor grasvelde heen wyl vlieswolk-skadu’s met stof resies jaag dan trommel dit diep van uit my boesem versink in die begeesterde Johannes se woorde sy hart aan die punt van ʼn veer vasgemaak waar […]
Donker skadu’s omvou my seer dompel my lied in diepe hartseer rou kneus my kwesbaar, verbleikte groue-hart verweer in die muf van ʼn verlore wêreld my knieë sluip stil oor die lewenstog met hart versink in stapels gitswart roet uit my donker hoek ʼn verskeurde snik barbaarse-lewe in my kosbaar bloed verdrink hier waar my […]
As die lewe sy harteloos suidewind kom draai en seer in ons harte in waai die reuk van die liefde se dood soos verdorde roosknop ontbloot die beddings met sy dood wil verfraai verwoes en vertrapte God-skepsels oor mistige eeue in trane verdrink hul stemme wat uitroep en kreun met trane wat lank reeds verdroog […]
ʼn hart wat verskeur in ʼn stukkende lewe die vloek groet van ʼn muwwe grou môre gebore in die walging van ʼn wrede wêreld waarom dan Heer, die lewe gebore in leed droewige trane van treurmare-wyn droogte waar die nuwe en groen loot verskyn verslae ontmoedig met trane gelaat hang hande in ʼn mishoop van […]
Het ons as mens dan eens geleer mm ons medemens met swart te smeer die Adam, Eva sond’ sindroom waaraan elkeen van ons behoort waarom sal ons sien die sleg van ander wyl ons swakheid skuil waar niemand sien weet ons dan nie dat ons klein tekortkoming gelyk gestel is aan die wreedste mag Here […]
Blinkblaar wag-‘n-bietjie gryp en vra wanneer kom die troostende reën dan my takke hang moeg reeds in stowwe gelaat en my voete vergaan in dorre Karoo stof gelaat swarthaak se arms strek uit en hy ween waar bly dan die lafenis, U wonderlik reën hul stemme verdof, hul kop sak bewoë neer met kele verdor […]
Karoo briese fluister sagkens saam hul stemme laf deur kareeboom blare en hoog in die hemele sweef arende vry wieg hul op wieke van die oostewindmaat hoog teen swart gebrande ysterkliprante skater lawwe hittegolwe die hellevuur dans lok hul met valse oasis oor vlaktes alleen en verdwyn dan geruisloos oor horisonne heen alleen in die […]