Jongste aktiwiteit:

Karoovlaktes

Karoo briese fluister sagkens saam
hul stemme laf deur kareeboom blare
en hoog in die hemele sweef arende vry
wieg hul op wieke van die oostewindmaat

hoog teen swart gebrande ysterkliprante
skater lawwe hittegolwe die hellevuur dans
lok hul met valse oasis oor vlaktes alleen
en verdwyn dan geruisloos oor horisonne heen

alleen in die ooptes ʼn tandlose windpomp
speel krakend sy rondomtalie sirkel spel
spoeg slukkies van lafenis in drinkbakke droog
hul verlossende woorde vir ʼn dorstige kroos

wanneer middagson sy kop weer weswaarts wil neig
en met ʼn laaste rooi-oranje wuif sy vriende wil groet
en kwetterende versamelvoëls die daglig nagsê
en skadu’s groei katvoet totdat jy sy wolkombers voel




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed