Jongste aktiwiteit:

Karoo droogte

Blinkblaar wag-‘n-bietjie gryp en vra
wanneer kom die troostende reën dan
my takke hang moeg reeds in stowwe gelaat
en my voete vergaan in dorre Karoo stof gelaat

swarthaak se arms strek uit en hy ween
waar bly dan die lafenis, U wonderlik reën
hul stemme verdof, hul kop sak bewoë neer
met kele verdor en tonge geswel in hul mond

afwagtend roep hard uit, die grond
waar sal die vog van verlossing dan kom
die stof sal laat lê en blare weer blinkvet sal sê
ons dankie ons Skepper, vir redding gegee

stuur tog U redding van die Weste se kom
waar wolke hul liggies laat knipoog en dans
waar die donderstem van uitkoms bly brom
ja, hy wat die emmers vol water verken




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed