Soekend
ek soek jou in die more
ek soek jou in die aand
iewers by die werk
naby my gisters
more kom ‘n nuwe dag
wagtend in vroeë dou
in die sonstraal van verlange
weet ek die koue wintersnagte
toegevou in warm kombers
jou liggaamshitte ontbreek
soekend in die geur van koffie
te vinde saamgevoeg in hande
verlaat ek my aan denke
terwyl jou stem weerklink
spoedig daardie glimlag
betowerend smeulende oê
my droom beminde
ontdek in gedagtes
te vinde in ‘n stywe drukkie
soekend hier reg langs my
vind ek met die grootste liefde
jou nabyheid teer en sterk
vir mekaar is ons bedoel
in hartstog saam gedeel..
Louisa van Vliet.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.