Selfmoordbrief van ʼn depressielyer
My Lief
Jy ken my, en verstaan my beter as wat ek my self verstaan. Wanneer die donker van die depressie my in ʼn mynskag afstuur. Wanneer ek voel hoe die lewe se rotse my toe val en ek nie die lig van ontvlugting kan sien nie, reik jou hand uit na myne en lig my geduldig met ʼn glimlag na veiligheid.
Lief, wat niemand weet nie, maar jy geheim hou, is hoe self gesentreerd en ongevoelig hierdie siekte kan wees. Dit neem die vreugde uit jou alle daagse lewe, maak jou vroeër oud as wat nodig is. Elke aand kom jy van die werk af, jou vingers stomp gewerk om die pot aan die kook te hou net om in ʼn huis in te stap waar jy jou dag se sorges moet kan afskud. Jy kom loop jou elke aand vas in ʼn in-die-dop-gekruipte selfbejammerende pateet. Die tyd wanneer jy moet herlaai en toe gegooi moet word met liefde, word stil en afsydig.
Die persoon wat jy leer lief kry het jare terug, is nie meer nie. Binne sy dop het die kanker van die depressie virus hom in ʼn patetiese hoop van niks gelaat nie.
Elke dag klou jy aan hoop, elke dag hoop jy die volgende dag sal beter wees. Lief ek is bevrees dis te laat. Jy verdien iemand wat jou elke dag kan vas hou. Jou sagte hart se waarde kan sien, jou sag in sy arms kan neem en altyd net liefde kan gee, soos jy al hierdie jare gegee het en niks terug gekry het nie.
God het ʼn engel gestuur om my in hierdie jare by te staan, my te probeer moed in praat selfs al het dit hoe onmoontlik gelyk al het jou eie seer die van myne by verre verby gesteek.
Ek kan nie meer my eie selfsugtigheid toelaat nie. Daar moet ʼn einde aan kom. Ek glo onse Hemelse Vader sal jou ʼn ere plekkie voor sy troon hou, jy met jou onbaatsugtige liefde. Jy was en is die enigste wat bly glo het al het meeste ander lankal moed verloor het in my is en wees.
Ek weet ek verdien nie die hiernamaals nie en daarom sal dit nie ʼn verskil maak as ek my eie lewe eindig nie. Hiervan is ek oortuig, dat onse Hemelse Vader jou iemand sal stuur wat vir eens in jou behoeftes wil voorsien en nie net in homself vaskyk nie.
Treur nie as ek weg is nie. Leef soos jy altyd wou… gaan uit, gaan geniet die lewe. My siekte het my versteek gehou agter die donker gordyne van my kamer en daardeur jou vasgekluister gehou aan ʼn lewe van werk-en-huis.
Dag na dag het jy jou wil gesluk om my gelukkig te hou. Ja ek het dit gesien, hoewel dit nie so lyk nie. Dit breek my binne as ek sien wat my lewe aan ʼn pragtige mens doen.
Daarom groet ek lief. Ek is jammer dat my lewe jou menswees versmoor het, jou vreugde vermoor het.
Kyk mooi na ons kinders, hulle is goed, hulle is mooi, net soos jy
Ekke
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Vonnie
Hannes, as hierdie nie 'n fiktiewe selfmoordbrief van 'n depressielyer is nie, maar deur jou aan jou geliefde gerig, wil ek vandag met jou simpatiseer. Ja, dit is hartverskeurend so dat die hel waardeur 'n depressielyer gaan sy of haar geliefdes baie intensief affekteer. Maar dit is net so waar dat 'n depressielyer nie skuld daaraan het dat hy of sy hom- of haarself so pynlik in daardie depressiegat te pletter val nie. Ek weet, want dit is al dekades dat ek in daardie donker put val. Maar ons moet aangaan my vriend. . . Ironies ten koste van ons geliefdes, maar ook ter wille van ons geliefdes. Dit is net God wat ons van dag tot dag hierdeur kan dra.