Jongste aktiwiteit:

Die heelal en sy Skepper

As die wind oor dorre Bo-Karoo vlaktes gly
en die beeste hul stertkante wind op wil draai
die tolbosse ligvoets trippel oor grasvelde heen
wyl vlieswolk-skadu’s met stof resies jaag

dan trommel dit diep van uit my boesem
versink in die begeesterde Johannes se woorde
sy hart aan die punt van ʼn veer vasgemaak
waar jy die Gees en die wind in dieselfde sin vind

vanaand op my ou klapperhaar katel
huil die Noord-Wester hartseer alleen
deur my houthuis se verroeste sinkplate heen
dan wonder ek Heer, oor die Gees en die wind

by die kruis huil ʼn hartsere diepbedroefde bries
met die smart van die Gees in die pyn van die Seun
want so kom verlossing, in Sy pyn gedompelde bloed
so kry ons dan gratis in Sy liefde toegereken

in die koelheid van die swygsame nag
hang die hemele in U bewegingloos wil
daarom bid ek en huil my kosbare hart
omdat my hand nie aan die sterre kan vat

laat wanneer maan in die donker wegkruip
en sterrelig flikkerend my hart kom koggel
en hul my roep en lok na hul oneindige grootsheid
wanneer die uitspansel soos engele wil sing

dan raak my asem weer onpeilbaar vlak
en trane maak sleepmerke teen my wange af
rou skeur die snikke uit my hart so verskrompel
waar ek alleen U uitspansel indrink

dan pleit, nee gil ek my hunker o Heer
na U stralekrans koms op die wolke
na U hand uitgestrek na net myne
sodat U vrede my vreugde en rus gee vir ewig




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed