Jongste aktiwiteit:

dag der dae

wanneer die drie d’s jou tref
wil jy teen mure uitklim
donker dag se glimmer
duister dag se fluister
dooie dag van lyding
ai! – dae is nie meer
soos voorheen
dit vlieg
dit lieg
selfs
die
maan
vertel elke
ander aand
sy storie verskillend
waar hy gisteraand
gesak het moet
jy nie soek
vanaand
is hy
ver
weg
en lyk
hy anders
miskien
is dit
my oë
wat verander
miskien is dit
die aarde
wat nou
wankel
wie sal
weet

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed