Kaapse droogte
Die suidewind van Namakwaland
die sleepmis van Skuinsbaai
en die droogte van die Wes-Kaap
die landskap herinner aan tonele uit die Namibwoestyn
Ons bid vir verbreking van die droogte
en vir ‘n terugdraai na God
totdat jy naak voor jouself staan
met albei voete op die grond
Terwyl die mossels ewig slaap
met swart boggels teen die son gekeer
Die Here gee die mag
na asem uit die nag
Solank die eer net vir Hom is hierdie dag!
Loof en prys Hom, dien en buig voor Hom
en dan raak jy stom, want eendag …
silwer trane van vog
dog blink druppels op droë sand nuut
3 Kommentare
-
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2018 - Weerbegin en voornemens projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Somerreën
Amen, besonderse gedig vir die Kaap, mag ons Here ons genadig wees en sy ewige waters oor die Kaap uitstort sodat die boere en almal sal weet daar is net een God.