Die versteekte seer
ʼn hart wat verskeur in ʼn stukkende lewe
die vloek groet van ʼn muwwe grou môre
gebore in die walging van ʼn wrede wêreld
waarom dan Heer, die lewe gebore in leed
droewige trane van treurmare-wyn
droogte waar die nuwe en groen loot verskyn
verslae ontmoedig met trane gelaat
hang hande in ʼn mishoop van haat
wanneer vroeë more dou sy lafenis
in die soom van my hart wil omvou
kruip die rot van verbittering
laat die siek verstik in sy bedompige reuk
In die donkere nagte met eindeloos skadu’s
ontwaak kille vrees in my voglose hart
waar niemand die begin se seer kan ontgin
versteek in ʼn glimlag en skaterlag wind
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.