Jongste aktiwiteit:

Gebed my anker

in gebed is ek geanker
want waar God verander

kan ek in verwagting
naslaan met betragting

besef ek met God se werke
staan niks meer in skerwe

blymoedig is my hart
want niemand kan meer tart

met God in beheer
het ek nooit nie meer seer

met beloftes uit Sy Woord
kom ek en God akkoord

tuimel woorde oor genade
en God se liefde al nader

groot is die besef van Sy liefde
in verhouding met Hom geliefd

dankbaar is my lewe gevind
in God se beskerming gebind

Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed