Die skadu van Bitterberg
Donker skadu’s omvou my seer
dompel my lied in diepe hartseer rou
kneus my kwesbaar, verbleikte groue-hart
verweer in die muf van ʼn verlore wêreld
my knieë sluip stil oor die lewenstog
met hart versink in stapels gitswart roet
uit my donker hoek ʼn verskeurde snik
barbaarse-lewe in my kosbaar bloed verdrink
hier waar my woorde aan U uitspansel reik
my bitter traan U aard benat
dan roep my siel en gil my hart
verlos my Heer, verweerd gesmaad
ons weet Heer U laat reën met Uwe seën
ons lewens vernietig in hierdie dorheid
verlore in die sondig vlees sonder waarheid
herskep U ons hart van smart vir U alleen
maar my vertroue het verdrink
in die donker van ʼn mynskag
die lente kleure droog en dof
my hart se roos reeds lankal dood
my liefde kon my leë hart se kraan
met verdroogde trane hier nie liefde vind
te groot, o Heer, hierdie enorme vrag
hierdie sware lewens las geskep uit aardse krag
ek gryp na U maar daars geen hand vir my
is ek te laat, my verwerping verewig Heer
gedoem tot die vure van die ewig dood
ek huil nie meer want die skuld lê in my eie woord
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.