kattemarak
teen skemeraand melk hy die maan
uitgesaai oor die wêreldwye eter
rondom vlieg vlermuise verbaas
oor kattekraai se mannewales
ongestoord sit hy en peins
hoe sal hy die maan bykom
daar is so baie kaas
daar moet baie
muise wees
sal hy ooit
verstaan
hoe ver
die
maan
werklik
is
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.