die sondes van die vadere
‘n pikswart lanferlap
hang oor ons land
die sondes van die vadere
soos wit dryfsand
wat oral alles binnedring
ook die verstand
van die dopstelsel bruin kind
wat salig oopmond lag
nie eers verstaan
dat hy bestaan
die sondes van die vadere
word weer en weer gepleeg
‘n onbekende wit kruis
vir die Esidimeni* kind
het in rooi verrys
©Evanthe 2018
*Esidimeni beteken waardigheid
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.