
Soetlief en die ondier
Terwyl die son skuins hang in die hemelruim
en alles wat aan bome moes bloei
verdroog
kruipend teen die grond rondsleep,
dobbel ek met karma
– daar is te min tyd en geloof;
te veel geld en goeters
wat windgejaagd
nagestreef word
en iewers in ‘n stad
woon daar mense
in opgedinkte tronke
en hier het ek gesterf –
jare gelede
toe ek
‘n vers moes skryf
oor ‘n gestorwe pasgeborene
wat in ‘n plastiek sak
op ‘n ashoop gevind was
want mens het verdier
in ‘n gewetenlose ondier.
So sak die son saans binne my
en ek wonder
wie gaan ons van hierdie nagmerrie bevry.
Maar nou gluur jy seker weer na die man langs jou?
© 2018 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.