Jongste aktiwiteit:

Oggenduur

luilekker warm strek my arms
aan ‘n oggenduur uitgerus

gaan my gedagtes aan die rol
‘n dag se werk bedink aan opstaan

beslis is dit nodig maar wie het nou lus
uit vuurwarm bed uit op te staan

knoesig onder die kombers
knus in manlief se arms begin my dag

met ‘n sopnat warmgroet
soos net ‘n honde kindertjie kan

sy uiting gee aan ‘n honger magie
en die natuur se gang na buite

vou ek myself uit die bed
want dagtaak begin aan daardie groet

bedink ek my Skepper gees
aan dankbaarheid elke oggenduur

Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed