
Jou oë
die meesterstuk uit God se hand
met elke blik sien ek myself
glimlaggend kyk dit neer op my
flikkerend koester ek dit, jou oë
getooi met die mooiste kleur
deurdringend elke beweging
want die liefde wys elke geur
‘n tinteling gekoester met liefde
so eie aan daardie tremprament
glimlaggend en stout elke oomblik
opwaarts en derwaarts kinkel
sfeer in die rigting so naby my
laggend speels rol hul oor
verskeie blikke ek weet presies
waar ek staan met jou
jou oë vertel die storie oor en oor
ek die een so naby jou
aan jou sy wil ek wees elke dag..
Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.