YWERIGE ELWE Des Projek Hulle het perskes gaan steel en Pa het hulle uitgevang! Al ses van hulle het BEHOORLIK RIEMGESPRING. Nou sit die Nel kinders beteuterd onder die appelkoosboom en wonder oor hul volgende avontuur. “Ek het dit,” kom Willie met ‘n plan vorendag, “’n spesiale kersgeskenk vir Pa! Hansie, jy gaan die […]
BOEMELAAR Des. Projek Op karton onder die ou brug wonder die boemelaar en sug waar sy dierbares nou sou wees op hierdie Heilige dag Kersfees. Marthie joubert.
DIE NAR Geld betaal een rand of tien en dít net om ’n nar te sien? Nee my vriend, loer slegs in die spieël kyk dan reg tot in die nar se siel met klere smaakvol en hare getooi word die eensame nader genooi met skynrustigheid ongestoort werk jy rustig, vriendelik voort. […]
DOLLARNOOT (3 348 w) Oktober Projek. ’n Gemaklike stilte heers tussen die twee mense op die stoep waar hulle ’n panora-miese uitsig het oor Frans Kuhn se spogplaas. Hy het Martie Swift vyf jaar gelede toevallig in die apteek ontmoet toe sy spontaan met sy Downsindroom broer, Arrie, aan die gesels geraak het. “Jy’s die […]
AL HARDLOOP JY HOE VER Ester sit op die rivierhuis se stoep en verkyk haar aan die ryk teksture van die rivier-bedding waar die Krokodilrivier weer gesak het na die verwoede storm. Vir twee dae het die stygende stroom, massas hiasinte meegesleur see toe, nou dryf net enkele klossies saam met die rustig vloeiende water. […]
RUSPLEK LANGS DIE PAD My ou maat … Hiérdie is net ’n rusplek langs die pad want, ons paaie is reeds vir ons uitgekap. So, laat ons die koel rusplek benut en waardeer, om later terug te dink daaraan as die son op ons kaalhoof neerbrand Marthie Joubert
MY LEUNSTOEL Sag soos ’n leunstoel is jy vir my, agtduim dik gestoffeer en minstens ’n halfmeter diep. Daarin sal ek dan kan wegsak my moeë voete optrek… op jou breë lening snoesig koester. Op jou vrolike bontlenings sal ek rus ek sal wegsak in jou warmte en na ’n wyle uitgerus […]
VERGIFNIS AUG PROJEK Die Vader alleen het geweet: hoe moeilik dit sou wees vir die aardgebonde mens jou naaste lief te hê, te vergeef. Hy leer ons bid “ONSE VADER.” Hom te dank vir ons daaglikse brood hulp te vra in tye van nood VERGIFNIS? ’n Kontrak wat jy met God aangaan te […]