ALTYD IS MOEILIK Dis maklik om niemand te verwond wat jou verantwoordbaar kan hou; geen glips ontvlug ooit jou mond want jy’s ingedril om ongeag bek te hou. Dis net so maklik om moeilik te wees deur jou aweregse streep uit te basuin as die nietige dinge van jou gees jou meer pla as ander […]
GEVANGE Ons wil vrykom van onsself deur dieper te delf soms sink ons nog laer en raak verder gebelg. Eeue lank smag mense desperaat na verligting breek roekeloos los van grense val dieper vas; inperking. Ongeag berekend of ingedagte knip oop opsies ons vlerke; waar vergrote areas mekaar oorkruis kleim die tande van euforie sy […]
ONRUSTIG Ek kry nie my lê nie rol rond, rol rond van Fowler’s tot flowers van asemnood tot grond my idee van ‘n uitsiglose bestaan ’n kommerplant laat oprank in my wese belaai met vrese oor die permanensie van vergaan wat alles afhang van vrye keuse gebaseer op feite – volgens my, bewese. Ek kry […]
EK DINK JY WONDER Ek het nie genoeg woorde teks of akkoorde en geen geen gravitas op my skouers. My longe kry nie lug en die drukking op my bors stu die krag uit my rug. Ek kan nie my mensloosheid verwoord nie. Ek het vrae en ek bekommer my, ek bepeins en ek wonder […]
WAT KYK JY? Wat kyk jy? Jy sleepvoet nuuskierig verby en verrek skaamteloos jou skilpadnekkie soos jy saamkyk en, nes talle ander, vermy om te stop. Jy sê dis nie jou plek nie. Waarna kyk jy? ’n Geruislose geraas en vreemde woeling, gestamp en gestoot … gedempte gil. Ongemaklik trap-trap jy uit voeling – dis […]
SKERMSPEL Hoë boom, weet jy wat het jy gedoen vandag? Jy’t ’n jong boom se takkies gekraak want jy’s so behep met mag – jou ketterbek loei en laster lukraak. Onheilspellend glim jou vlymskerp blare; deurklief my gebeente en sny my selfidee flenters tot selfs die twýfel etter uit my are en my hol laat. […]
EK VERLOOR (Brons afdeling) Wanneer niks wat ek was meer is wat ek dink nie en dit wat ek dink net nooit meer reg klink nie wanneer frases en woorde eens melodieë was maar nou afkolk in spirale van sin(ne)lose verhale en ek kop verloor dat die trane rol en niemand besef ek raak innerlik […]
PENDELAARSTUISKOMS Jy was nog altyd ’n asem in ons spasie – ons veilige nes, jou halfwegstasie. Ons harte aan flarde toe die tyd aanbreek en jy jou moes oorgee aan desperate frustrasie. Jou siel talm Suid, jou lyf drentel Noord; droewig, ver weg, ploeter jy voort, want jy moes bloot aanbeweeg om na jouself te […]
Lief, ek wil hoor hoe jou tafe-tefe’s klink – jou heles, halwes, kwarte en agtstes. Ek wil dit op vyf swart lyne en wit blad vir jou ink, en ontdek wat sku-skarrel so in jou gedagtes. My raaiselmens: jou rustelose bladsye klap styf toe as ek jou wil lees. Ek wil so graag luister na […]
STERK STILTES (BRONS AFDELING) (persiese kwatryn) Honderde jare het alreeds verloop; helde het dikwels hul siele verkoop; dinge het sedertdien so verander, tog het die mens nie verleer glo en hoop. Op die water het sy hom weggesteek en die farao se spul wette verbreek: die profetiese koms moes voltooi word – sý was die […]
