Die bloedbesmeerde man hardloop uitasem deur die donker stegie, maar steek vierkantig vas in sy spore. Voor hom kom die horde slakkepas nader. Hy swaai om en wil net weer begin hardloop, maar in die opening van die nou gang agter hom kom die een na die ander zombie te voorskyn. Met uitgestrekte arms en […]

“Hoe kan ek liries raak oor iemand wat dit aan my gedoen het? Dis al klaar swaar genoeg dat ek moet gaan, nou moet ek nog maak asof ons na aanmekaar was. Asof die liefde nog daar was. Tog…sy was my ma. Sou dit anders gewees het as ek by haar was toe sy dood […]

Kerneels het die folio papier opgefrommel en omsingel met ‘n gebalde vuis. Vir ‘n stuk papier was dit baie swaar. Bagasie. Foute. Spyt. Hoe langer hy daaroor gedink het, hoe swaarder het dit geword. Hy het die papierbal so ver as wat papier toelaat, van hom af gegooi. Hy het dit agterna gekyk. Die opgefrommelde […]

Die huis was vervalle. Verf het orals afgedop wat my vir een of ander rede laat dink het aan ‘n slang wat vervel. Bossies het hulle tuisgemaak in die tuin wat lank gelede die liefde en aandag van ‘n vriendelike ou tannie geniet het. Die voetpaadjie na die voordeur toe was vol krake met onkruid […]

Elke skool het een. Een van daai onderwysers wat Hitler soos ‘n Care Bear laat lyk. Juffrou Groffen-van Moldeldolf was Hoërskool Onsdinkonskan se tiran, despoot en diktator. Die kinders het haar gehaat. Sy het kinders gehaat. Soos dit ook in enige skool is het Juffrou Groffen-van Moldeldolf ook ‘n bynaam gehad: Ou Visoog. Die bron […]

Ek het my hande weer teenmekaar gevryf en warmte binne-in probeer blaas, maar dit was nutteloos teen die ysige wind wat deur been en siel gesny het. Ek het my een hand weer in my jas se hand gedruk, wat klein bietjie gehelp het, en met die ander hand die leisels weer vasgehou. Die hings […]


Fiksie geïnspireer deur die politieke worsteling wat gelei het tot die gebeure by die SANW Wits hoofkwartiere, asook die Helderberg lugramp waarvan die oorsaak tot vandag toe nog ‘n raaisel is. * “War is peace. Freedom is slavery. Ignorance is strength.” George Orwell 30 Julie 1987 9:45 AM Sowat 100 meter van die […]

Ek het ‘n diep teug lug probeer inasem. Ek wou elke reuk in die wêreld inneem. Ek het dit gemis. Dis snaaks hoe dit die mees vanselfsprekendste dinge is, wat jy die meeste mis. Reuk. As ek nog net eenkeer iets – enige iets – kon ruik. Jy besef dit nie, maar reuke is betowerend. […]

Voor hy daar aangekom het was dinge by Huis Amperklaar saai en eentonig. ‘n Mens wil amper sê sieldodend, maar mens gebruik nie die D-woord wanneer dit kom by mense in ‘n aftreeoord nie. Almal weet Dit loop die gange op en af opsoek na ‘n nuwe slagoffer, soos ‘n boer wat in ‘n boord […]



