Jongste aktiwiteit:

149 Die vertaling van gedigte
vir

149 Die vertaling van gedigte

149 Die vertaling van gedigte

Sommige gedigte kom na my as Engelse gedigte en ander as Afrikaanse gedigte en gedurig is ek besig om gedigte tussen die twee tale te vertaal. As mens gertrou aan die oorspronklike gedig wil bly en ook so verstaanbaar as moontlik.

Daar is twee hoof vertaalteorieë wat mens kan volg naamlik “formeel-ekwivalent” (1) en die “dinamies-ekwivalente” (2) metodieke. Die “formeel-ekwivalente” vertaling metode is ‘n woord vir woord of direkte vertaling van soos wat in die teks geskryf is. Die “dinamies-ekwivalente” vertaling probeer om die gedagtes, die betekenis en stylkeuse so oor te dra dat dit dieselfde effek as die oorspronklike teks sal hê.

My vrou meen dat ek gedurig my gedigte direk vertaal maar ek volg ‘n balans tussen die twee metodes en vertaal soms direk maar die oorspronklike gedagte of prentjie is vir my ook van groot belang.

Die “fromeel-ekwivalente” metode het die voordeel dat dit spesifieke terme, idiome, ritme en vorme van die oorspronklike gedig behou waar die “dinamies of funksioneel ekwivalente” metode help om die bedoeling van die oorspronklike gedig makliker te verstaan.

Die maklikste is om van ‘n rymende gedig na vrye vers te vertaal maar soms voel mens dat die vorm vereis om dieselfde rymskema, styl en ritme in die ander taal ook te skryf en dan word die vertaal van ‘n gedig ‘n moeiliker ding om dieselfde trefkrag, betekenis en selfs toon kleure daarin te behou en parallelismes en idome so vêr as wat mens kan te weerspieël.

Mens kan ook ‘n rymende sonnet vertaal na ‘n blanko vers sonnet.

Na die letterlike skryf en vertaal van duisende van my eie gedigte bly die vertaling daarvan na Afrikaans of Engels nog steeds ‘n taai toffie van ‘n ding.

Hier is voorbeelde van vertaling van my gedigte in vrye vers in:

Aardse bestaan (Persiese / Rubiyat kwatryn)

Uitgestrek is die veld, vry en wyd
terwyl tyd aftik vanaf die oneindigheid
die mens soos gode die wetenskap betrag
aan selfvernietiging tas in blote vermetelheid.

Earthly existence

Stretched out is the veldt, free and wild
while time ticks of as if from infinity,
while like a god man looks at science
and reaches to self-destruction in mere audaciousness.

Though the night passes too soon

Though the night passes too soon
and the brightness of the moon
fades too quickly with day’s light,
stars disappear
as if they are not anymore shining bright

to you I will forever be near
while you hold me dear
and my loving will not be roving,
but will be true and sincere.

Alhoewel die nag vêr te vinnig verby gaan

Alhoewel die nag vêr te vinnig verby gaan
en die helderheid van die maan
te vinnig vervaag met die daglig
en sterre verdwyn
asof hulle nie meer helder skyn

sal ek ewig naby aan jou wees
waar jy my lief het
en my liefde sal nie weg dwaal
maar sal getrou en opreg wees.

Hier is voorbeelde wat na blanko verse vertaal is:

Witchcraft (Italian sonnet)

I see myself reflected in your green eyes,
in times of tears, also in times of joy
and wonder at the powers you employ
to bring light to me, to the darkest skies

and although your words hit deep without lies,
your smile at times may be but a decoy,
but your feelings comes without any ploy
as something quite strange where the self dies

where love becomes a kind of witchery,
that offers everything totally selfless
and gives without any hesitation
in everything that you do for me
bringing energy, a sweet kind of rest
when you are act without anticipation.

Betowering (Blanko vers sonnet)

Ek sien my gereflekteer in jou oë
in tye van trane en tye van geluk,
wonder oor die kragte wat jy gebruik
om lig aan my te bring, in donker tye.
Hoewel jou woorde diep tref sonder leuens,
is jou glimlag soms dalk ‘n tipe sluier
maar jou gevoelens kom altyd opreg
as iets eienaardig waar die self sterf,

waar liefde ‘n soort betowering word
wat alles selfloos aan my wil offer
en gee sonder enige soort weifeling
in alles wat jy vanself vir my wil doen
wat energie bring, ‘n soet soort van rus
as jy sonder enige afwagting optree.

The Essence Of Love (English sonnet)

I wish I knew how deep and how sincere,
and how extremely wide love really is
as about it I cannot get my head clear
and nowhere I can find a that and this

to really explain the essence of love
nowhere I can find something to measure it;
some say it comes straight from heaven above
like raindrops falling bit by tiny bit

as if it’s the greatest thing they have found
some say it is good, it is really swell,
and about it others are not so profound
as they do kiss, have bliss but do not tell:

but there is nobody that want to tell me
and now for my self I will have to see

Die essensie van liefde (blanko vers sonnet)

Ek wens ek weet hoe diep en hoe opreg
en hoe uiters wyd liefde werklik is
daaroor kan ek nie my kop helder kry
en nêrens kan ek ‘n dit en dat vind
om die essensie van liefde te ken
nêrens kan ek iets vind om dit te meet;
sommiges sê dit kom uit die hemel uit
soos reëndruppels wat net hier en daar val

soos ‘n groot ding wat hulle gevind het
sommiges sê dis goed, dis heel wonderlik
en daaroor sê ander geen dooie woord,
hulle soen, ken saligheid en sê niks:
maar niemand wil aan my werklik vertel
en nou sal ek maar eerder self moet sien.

Hier is voorbeelde waar ek die oorspronklike rym en ander struktuur patrone probeer behou het:

Ruimte haikoes

Satelliet neem waar
mis wolk wat onverwags rys
kernreaktor vlam.

*

Groot oog satelliet
kyk na doen en late van
jou en my op strand.

*

Ruimte teleskoop
fyn gerig op sonstelsel
soek na engeltjies.

*

Sekel hang die maan
vroegoggend bo helder son
in baftablou lug.

*

‘n Oog loer vêr weg
en teleskoop sien blou son
in ‘n duister plek.

*

Swart ronde kring word
in fotosfeer blou omring
in ‘n glans foto.

*

Maan verduister met
koperrooi kleur of dit brand
langs dowwe blou ster.

*

Wit glans diamant-
ring indrukwekkend met son
wat swart verduister

Space Haiku’s

Satellite observe
mist cloud unexpectedly
reactor flaming.

*

Big eye satellite
look at our activities
on the sandy beach.

*

Big space telescope
tuned fine on solar system
looks for small angels.

*

The white moon hangs sickle
above the bright morning sun
in the dull blue sky.

*

An eye peeps far off
and telescope watch blue sun
in very dark place.

*

A black round circle is
a blue ring in photosphere
in glamour photo.

*

The moon eclipses with
copper red colour burning
next to dull blue star.

*

Blue-white glimmering
diamond ring impress in
eclipse of the sun.

Haikoes by die opbreek van ‘n verhouding

Jy wil vryheid hê,
jou stem rasper in jou keel soos
tronk wat dig toesluit.

Nou val my lewe
in velde van bestaan in
soos ‘n blou donder.

Slegte mense soos jy
stink na ‘n paniekerige maag,
kan kinders verloor.

Het jou ouers jou nie
jare gelede uitsorteer van
nonsens, van ‘n kind?

Pyn is waardeloos
laat nou ons waagmoed erken,
opbouende haat hê.

Haiku’s at the end of a relationship

You want more freedom
but your voice rasps in your throat,
as closing prison.

Now my life falls down
into fields of existence,
a bolt of lightning.

Bad people like you
stink of a panic-stricken belly
could kill any childhood.

Didn’t your parents
sort you out some bloody years ago
from childish disorders?

Pain is worthless now
let us acknowledge courage,
fermented hatred.

Water (Titel / Acrostic)

Water is my gunsteling drankie
As die dors my wil oorweldig,
Teen wil en dank ek smag na iets koud.
Eintlik kom dit orals voor,
Reeds gesuiwer op winkel rakke!

Water (Name / Acrostic)

Water is my favourite drink,
At times the best thing to quench a thirst
That comes to me suddenly,
Even though it’s abundantly available
Refined, pure specimens are sold in shops.

The raven (in answer to Edgar Allan Poe)

On a summer December I do remember
the sun like an ember, poetry on the floor
life in pieces, while my troubles increases
nothing eases the sorrow for the girl Lenore
while I read of a farmer who lived long before
while destiny had closed a door.

In that new tomorrow, the book I did borrow
and my own sorrow was replaced by the lore
with pain in my heart, life was falling apart,
my art was shattered as the tale I did explore
out of the blue I saw a raven black as ore
with its feet red with gore.

With a bolt of lightning that was frightening
happened something to the bird I did deplore,
with eyes green, her hair shone a bluish sheen
the loveliest girl I have seen then came to fore;
with her I would do almost anything just to score,
suddenly I did her adore.

Her voice had a melody, life was fair and free,
it just could not be, surf crashed on the shore,
I was not fit I did deem, or it was just a dream;
nothing was as it seem, it was a fable from yore,
I was thinking I am nuts, totally mad therefore,
but nothing I wanted more.

She was human alright, as we kissed in daylight,
loved during the night; to stay I did her implore,
I had just met her, suddenly we loved each other
without a bother, in my back her nails did bore
and what did my life without her have in store?
Our souls had bonded forevermore…

[Reference: “The Raven” by Edgar Allan Poe.]

Die raaf (in antwoord op Edgar Allan Poe)

Ek onthou Desember met die lug blou,
pyn wat aanhou, gedigte op die vloer,
my lewe in stukke, slegter met rukke,
geen indrukke kan my jammerte snoer
wat die meisie Lenore skielik aanroer
as die vrou van ‘n ou boer.

Vroeg oggend was my hart baie stukkend
die lug drukkend toe ek na die legende loer
met sorg in my hart was my lewe vol smart
‘n gedig was driekwart maar ek was ontroer
wou verder lees toe ‘n raaf met ‘n halssnoer
aardig vir my daar afloer.

‘n Groot donderslag het ek nie verwag,
verandering word oordag deurgevoer,
met groen oë kan ek die beeld nie versoen
wat die mooiste vrou doen, wat my hart roer,
het my hart skielik sommer in oproer,
ek voel heldhaftig en stoer.

Haar stem is hees en ek kan liefde lees
en niks kan waar wees nie, die see breek doer,
ek is heel gek, dink ek, of droom op dié plek;
wil my oë bedek teen ‘n legende oud en oer;
maar niks wil my besetenheid rigsnoer,
die oomblik moet ewig sloer.

Dat sy menslik is, dra ek van kennis,
oomblikke is vermis as my hart tamboer,
as ek haar soen, sy dinge aan my doen
ek my lot met haar versoen, is ek vervoer,
skoon deur haar betower en weggevoer,
as liefde die bo toon voer

[Verwysing: “The Raven” deur Edgar Allan Poe.]

Epithalamium

Noble friend, dear comrade
companion in times of love and hate
you are here to part,
you have arrived and the occasion cannot wait.
Blow the trumpets and let the organ ring,
let the birds in the heavens sing
of the love God gave in your heart
let all things be praising.

High in the bluest sky
the sun rides by,
blessed bridegroom your day has come
let joyous banners fly,
while before God and man you stand
with a fortunate lady at your hand.

When the evening star rises steep,
let its light bring you to bed, but not to sleep
let melodies resound from an orchestral band
while your bride with joy weep.
Let your union be a blessing, that you will never roam,
that daily her enchantment will lead you home
and let she be near, as her heart is yours to keep,
where ever you wander under the sky’s dome.

Happy bridegroom the almighty God brings
all needed and timely things
love, adoration and passion
and great and good tidings.
Pour champagne from a frosted bottle and fill up
a shining and enchanted shared golden cup.

Now away from all noise and light
let this be a blessed charming night
where nothing disturb the two of you
and your stars shine high and bright.
Let your feelings be honourable and true,
that she can fall deeper in love with you
loving her tenderly and dearly
and may all blessings be yours as are due.
Do not fear any nightly harm,
while she lies at your charm
and let your sleep be safe and sound
as all is quiet without any alarm
while Godly angels guard with flaming sword,
prayers and every friendly good word
lies at your hearts, while you are bound
let serenity be yours to accord.

[Reference: Epithalamium by A.E. Housman.]

Bruilofslied

Edele vriend, geliefde kameraad,
my troue maat in tye van liefde en haat
hier skei ons weë,
jy is betyds en uitgedos in sieraad.
Blaas die trompette, laat die orrel weergalm en elke ramshoring
laat die voëls in die hemele sing
van God se liefde in jou hart,
laat lofliedere nou hier deur alles dring.

Hoog in die blou lug ry
die son glinsterend verby
geseënde bruidegom jou dag het aangebreek,
laat jubelende baniere ‘n eie lewe kry,
terwyl jy voor mense en God staan
en jou hand op ‘n gelukkige dame slaan.

As julle die aandster in die lug peil
laat julle bed toe gaan en tyd verwyl,
laat ‘n orkes ‘n melodie speel,
terwyl jou bruid van geluk huil.
Laat julle samesmelting geseënd wees,
dat jy daagliks liefde in haar oë lees
en laat sy naby aan jou bly en jy nêrens alleen gaan
sonder enige droewigheid of vrees.

Gelukkige bruidegom die almagtige God bring
elke nodige en tydige ding
liefde, aanbidding en passie
en selflose toewyding
Gooi yskoue sjampanje, laat die prop rol
gooi sommer ‘n hele goue gedeelde beker vol.

Met die sterwe van die dag
vra ek vir ‘n geseënde en sjarmante nag,
waar niks tussen julle twee kom
en julle sterre skyn met volle prag.
Laat jou gevoelens eerbaar en getrou
haar met liefde toevou
dat jy haar waaragtig bemin
en mag jy jou beskore seëninge aanskou.
Mag God Hom oor julle erbarm
terwyl julle mekaar omarm,
veilig en soet rus
sonder enige alarm,
terwyl Goddelike engele oor julle wag hou
vriende en familie gebede aan julle toevertrou
en dit alles in julle harte lê,
rus en deurlugtigheid om julle vou

[Verwysing: Epithalamium deur A.E. Housman.]

Voetnotas:

(1) “Eerstens is daar die “formeel-ekwivalente” of woord vir woord benadering. Volgens hierdie metode probeer die vertaler om elke woord in die oorspronklike taalin die moderne taal oor te sit en om die oorspronklike grammatika en sinsbou so noukeurig moontlik te behou.” Wil Vosloo, Pieter Venter, Fanie Snyman, Willie Wessels, Marius Nel, Andrie du Toit, Jan du Rand, Fika Janse van Rensburg, Wim Vergeer, Die Nuwe lewende vertaling van die Bybel in Afrikaans, Christelike Uitgewersmaastkappy, Vereeninging, 2010, P xxi.

(2) “Die tweede benadering word die “dinamies-ekwivalente” of “funksioneel-ekwivalente” metode genoem. Ten spyte van kleiner onderlinge verskille is die oorhoofse doel van hierdie vertaalteorie, wat soms die “gedagte-vir-gedagte” –metode genoem word, om deur betekenis en stylkeuse die boodskap van die bronteks so noukeurig moontlik in die ontvangertaal weer te gee sodat dit dieselfde effek op vandag se lesers sal hê as wat die oorspronklike teks op die eerste lesers gehad het.” Wil Vosloo, Pieter Venter, Fanie Snyman, Willie Wessels, Marius Nel, Andrie du Toit, Jan du Rand, Fika Janse van Rensburg, Wim Vergeer, Die Nuwe lewende vertaling van die Bybel in Afrikaans, Christelike Uitgewersmaastkappy, Vereeninging, 2010, P xxi.

Stof en tegniek soos in my eie werk

deur

Gert Strydom




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Cornien het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak