Jongste aktiwiteit:

17. Liefdes gedigte
vir

17. Liefdes gedigte

17. Liefdes gedigte

So lank as wat die mens van liefde bewus was, was daar ‘n behoefte om daardie liefde in woorde uit te druk, om die skoonheid van liefde te besing, of verrukking of smart wat daarmee gepaard gaan uit te spreek. Gedurende alle eeue kom minneliedere voor.

Daar is kontemporêre Afrikaanse kritici en digters wat meen dat liefdes gedigte nes groete kaartjies is en geen, maar geen letterkundige waarde besit nie en dan kyk hulle sommer vinnig ook al William Shakespeare se klomp sonnette mis. (Ek noem nie die name van daardie persone hier nie, aangesien ek nie hier op ‘n heksejag teen ander digters en literêre kritici uit is nie.) (Ek het meer as 140 van sy liefdesgedigte gelees.) Dan is daar nog ook boonop sy gedigte “Hark! Hark!”, “O Mistress Mine,” “Take those lips” en “Sylvia.”

Van die gedigte van Sir Thomas Wyatt (The lover showeth how he is forsaken), Edumund Waller ( To a very young lady, Go, lovely Rose), Greorge Gordon Byron (Love, She walks in beauty, When we two parted, First love, So, we’ll go no more a roving), Percy Bysshe Shelley (Love’s philosophy, When the lamp is shattered, Music when soft voices die, To Jane: The Recollection, One word too often profaned, A Bridal Song), Robert Browning (Love among the ruins, Meeting at night, In three days, In a gondola, Now), Elizabeth Barrett Browning (Three kisses, When I think, XLIII), Christina Rossetti (Sonnet “O my heart’s heart…” Sonnet “ Trust me, I have not earned…” A Birthday, Amor Mundi), Dante Gabriel Rossetti (Sestina, The orchard-pit, Hearts Hope, Genius in beauty, Silent Noon, Death-in-Love, Willowwood 1-4, Sudden light), Robert Herrick ( To Anthea, who may command him anything, To Julia), Arthur Symons (Sweet, can I sing, As a perfume), Robert Louis Stevenson (Romance), John Clare (Love cannot die), Emiliy Bronte (Rememberance), Robert Burns (Red, Red Rose), George Eliot (Two lovers), Alfred Tennyson (Love, The Happiest Hour, Love and death), Matthew Arnold (Dover Beach, Two Young Fair Lovers) en al die ander groot liefdesdigters beteken dan mos ook mooi niks nie.

In die Afrikaanse poësie is daar die klagte oor die verlies van ‘n geliefde soos in Leipoldt se “Wys my die plek” en A.G. Visser elegie “Die Roos. Visser is ook heel bekend vir sy pragtige liefdes gedigte. Dink maar aan “Rosa Rosarum” en “Eheu fugaces.” Elisabet Eybers en I.D. Du Plessis se gedigte spreek hunkering uit na ‘n afwesige geliefde in hulle sonnette. A.D. Keet se “Ek hou van blou,” is ‘n ligte liefdesliedjie.

In Afrikaanse poësie moet diegene wat meen dat daar geen literêre waarde in liefdes gedigte is nie dan sommer ook N.P. van Wyk Louw se hele bundel “Alleenspraak,” sy gedigte “Dat alle liefde,” “Ek het jou lief,” “Nagrit,” “Rooidag,” “Waarmee lief…,” “Kom vannag in my drome,” “Ryliedjie,” “Jy was ‘n kind,” “Winterbome,” “As ek so dink” en “Jy’t weggegaan en jy bewoon” om net ‘n klompie te noem dan verklaar dat hulle geen waarde het nie.

N.P. van Wyk Louw se bundel “Alleenspraak” probeer die verskuilde dieptes van die menslike siel peil met beelde van lig en duisternis, maar in hierdie bundel voer liefdes poësie die botoon. Na my mening druk hy in hierdie bundel uit hoe ons die liefde gedurig najaag. Dink maar aan die gedig “Kom vannag in my drome” wat sê: “Kom vannag in my drome as dit donker is en stil; reik my jou hand deur jou drome, en ons sal dwaal waar ons wil.”

Dis ‘n bekende feit dat ‘n sogenaamde “akademiese kenner” van poësie aan van Wyk Louw na die verskyning van “Alleenspraak,” aangeraai om hom glad nie verder met verse te bemoei nie. Waarop onder aanmoediging van sy broer W.E.G. Louw, N.P. van Wyk Louw oorgehaal word om weer gedigte te skryf en van Wyk Louw die gedig “skree” geskryf het.

Van Wyk Louw se boek “vernuwing in die prosa,” was soos ‘n baken vir die “sestigers,” om in die plek van sentimentaliteit en sier styl, nuwe skerp gedigte na vore te laat kom. Die probleem kom egter altyd na vore waar mens van katagorieë begin gebruik maak en ‘n aanduiding begin gee van wat toelaatbaar en ontoelaatbaar as digkuns is, dat jy grootse poësie ontwikkeling dood druk aangesien jy die digter van vryheid ontneem.

Hier herhaal ek weer wat ek reeds in stof en tegniek 5 aangehaal het. In die opstel bundel Lojale verset van 1939 skryf Van Wyk Louw: “Ek wil dit nie wreed sê nie, maar verbeel jou ‘n volk wat ‘n literatuur van A.G. Visser het, of waarin A.G. Visser een van die hoogtepunte is.” Later rasionaliseer Van Wyk Louw dat hy dit destyds gehad het nes andere teen die verkeerde ophemeling van A.G. Visser:

“Laat ek maar dadelik sê: die kritiek op Visser was grotendeels geregverdig, meen ek. Die verse waarmee hy aan ons volk as groot digter voorgehou is, is volgens geen standaard goed nie: dinge soos die bekende “Leatitia,” of “voorslag,” of die wapad is my woning” – verse wat destyds in die bekendste bloemlesings as Visser se beste werk, en as goeie poësie aangebied is. Maar dan ook ‘n hele stuk van hierdie kritiek moet beskou word as gerig teen die kritici en bloemlesers wat juis hierdie werk van Visser aangeprys het – sy tegnies gladde, maar taamlik meganiese ritmes, sy sentimentele….ek wil sê: “goedkoop” romantiekerige kant. Kritiek wat dus gerig was teen die kritici, en teen Visser se werklike swakhede.” (Van Wyk Louw, Opstelle oor ons ouer digters P 105.)

Tog wonder ek of die grootste Van Wyk Louw nie in dieselfde romantiekerige strik trap met sy sensuele gedig “Wordende Naakt” waar daar ‘n karakter verskuiwing is van die karakter vanaf sy na jy en dit dus meer persoonlik word, maar dan is hierdie slegs my eie siening en ek beskou nogtans vir Van Wyk Louw as die grootste Afrikaanse digter tot op hede.

Ander Afrikaanse digters se liefdes gedigte sou dan ook letterkundig ongeldig wees soos: Ronnie Belcher (Blou Nyl, Sappho, Aan ‘n gestorwe se beminde, Kamer), Marié Blomerus (Wanneer jy sydelings snags), Peter Blum (Eindelik opgehef! Die vloek van Babel, Jou sintuie wil ek toesluit vir een), Boerneef (Bruin Afrikaners in die lenteson, Die berggans het ‘n veer laat val, Bantam hom so en flennie die snare), Louise Boshoff (kontrak, jou dolfynlyf, die man wat ek liefhet), D.P.M Botes (jy is mooi, roerloos die maanlig, ek kan jou nie meer uit my gedagtes weer nie), Stephan Bouwer (jy slaap nou), Breyten Breytenback (iets om aan te peusel in my igloo, donker bloeisel, ek wag in my hart, nagmaal, slaap klein beminde, bedewete, die afstand tussen die blom en die mond, met ‘n bossie bergblomme, my brood van gaas tot geur, In julle hoede, 3.3 (klanke vir daeraad), 3.4 (die maan op lied), 3.12 (val), 4.11 (Allerliefste, ek stuur vir jou ‘n rooiborsduif), jy strek soos ‘n bergketting, die liefde, die tekenles, die bedelaar by die deur), Pieter Claassens (Bruidslied), T.T. Cloete (uitendelik nag, uniseks, vrou, oordag), Sheila Cussons (Heloise), Thomas Deacon (Soverby), Jan de Bruyn (Boom, Ek stuur vir jou), Johann de Jager (Belydenis oor die skemering), Johann de Lange (Vrae, Pardah, As liefde ons verkeerd bewys, Groen, Liriek, Tweeling), Philip de Vos (Jy het, Eers moet die maan kom sekel gooi, Kom bly by my in my huispaleis), I.D. du Plessis (As ek my vreemde liefde, Ek het my aan jou oorgegee, Ek wonder of jy soms, Die vlam), Phil du Plessis (Fado vir die ram), Theunis Engelbrecht (heimat-vers vir my lovely, Liedjie vir ‘n aardkind), Louis Esterhuizen (Salamander), Elizabeth Eybers (Die geskenk, Die gebed van verstarrende siele, Die ontmoeting, Die antwoord, Eerste liefde, Toe ek nie meer raad geweet het, Omhelsing, Nadenking, Sonderdag, Akkoord, Huis te koop, Ontwikkeling, Palimpses), Abraham Fouché (Lied van Koib en Khois, Hoe mooi is jou naam vir my), Charles Fryer (Vergeet, vergeet), Jeanne Goosen (Nog nooit het ek mooier geskilder), Tom Gouws (papirus), Pieter W. Grobbelaar (Dwase dae), Melanie Grobler (Uurwerk), Joan Hambidge (Kode, Beleg, Naskrif, Love is more beautiful the second time around, Ek sal altyd na jou terugkeer, Smoke gets in your eyes), Daniel Hugo (Maalstrik, Wou, Rondeel, Kosmologie, Sinsverwarring), Johann Johl (Vertaling, Bostelegraaf), Ingrid Jonker (Op die voetpad, Gisteraand, Op alle gesigte, Die more is jy, Daar is net een vir altyd, Gesig van die liefde, Bitterbessie dagbreek), Willem Jordaan (Edms. Bpk), Marietjie Joubert (Anatomie-les vir verliefde digters), Marlise Joubert (Domus, Hier spoel ek), Rosa Keet (Aanskou die skadu wat ek werp, My pols sing ‘n minnelied, Voel hoe stoel my hart), Hélène Kesting (Kringloop), Olga Kirsch (Alleen, Wanneer jy weg is, is ek soos ‘n tuin), Wilhem Knobel (of jy selfs vir my lief is weet ek nie), Antjie Krog (Bokkie, Omdat, Vanaand, Ek wil, Stasie, Hoe ver is eendag? Speelmaats, Onvertaalde teleks II, My tyd is verby), C. Louis Leipoldt (Wys my die plek waar ons saam gestaan het, Kom gee vir my polfyntjie), André Letoit (visserman, florauna, my meisie-vriendin, visioen), George Louw (Dink aan my), W.E.G. Louw (Ek het jou liewer…, Bevryding, Stil aand, Naglied, Teen die helling, Stil belydenis, Verlange), Lucas Malan (Metamorfose, Slaap diep, slaap ver, Versoek, Alfresco), Johann Lodewyk Marais Johan (‘n String krale), Myburg (Jongleur, Lied van die bruidegom), Peet Neethling (Dagbreek), Vincent Oliphant (Breekpunt, Teken, Sal jy vir altyd, Huiwering), Fanie Olivier (eerste aand, jeugliefde, ek het my duinebesie gewas vir jou, dalk gaan dit reën vannag), D.J. Opperman (Dank, Wandeling, Verlange, Voorwinter, Bouquet, Mont-aux-Sources, Wildeals, Tweede huwelik), Chris Pelser (Jou landskap as lyfreis), Henning Pieterse (Ou parfuum wat swaar), S.J. Pretorius (Jy was…, Vervulling), Wessel Pretorius (Ons sal jou vang, ek en my woorde), Oskar Prozesky (Verlange), Puvermacher (Dopper Joris en sy seiltjie), Henk Rall (Kroondenne, Jou stem het met die wind gekom), Donald Riekert (Swarthaakheuning), Ina Rosseau (Kaleidoskoop, Erkenning, Die laer), Casper Schmidt (Noudat ek altyd aan jou dink), Adam Small (Dit moes, Hou my in jou gedagtes), Pieter Smit (om stil te word, soms, boer), Rosa Smit (besetting, heksery), Annette Snyman (Kring), Lina Spies (Belydenis, Beperking, Slotsom, Swygende, Suidooster, Geografie-les, Juliemaand, Groet in die pers, Herkenning), Wilma Stockenstrom (Ek skenk jou my toegeboude dae, Van al my liggeel dae), Barend J. Toerien (Brief huis toe, Swewend, opvlammend), Petra van Blerk (Om te vergeet), Toon van den Heever (Haelwit gestapelde wolke), Pieter van der Lugt (ek streel my arm om ‘n boom, ver, ons saam is alles en ook niks, jou fluisterliefde hamer op), Vincent van der Westhuizen (fasette, Impuls, Moment), Ernst van Heerden (Nabysyn, Die laaste vesting, Maanreis, Vrae), Etienne van Heerden (Drome uit Oktober, Revolusie, Hawe, Immigrant), Marlene van Niekerk (lenteliedjie, vir jan met die zomerhanden, berusting, ek weet vanaand), Piet van Rooyen (meisie 1, meisie 2), De Waal Venter (Syg sap), G.A. Watermeyer (Ballade op die dronkparty, Vir my vrou, Sal jy my later dors bevry), George Weideman (Vir my klein kandas, wat ver is, Dis of die blomme, Sonder jou is my dae leeg, En nou het alles winter geword), Everwyn Wessels (Lamentasie).

Hierdie redenasie is nie net grondeloos nie, maar ontbreek na my mening ook van diepte en kennis. So asof sommige digters en kritici op die lorrie gespring het om A.G. Visser en ander Afrikaanse liefdesdigters na sy dood pak te gee.

In van my gedigte word verskeie aspekte van liefde, verliefdheid, verlies van ‘n geliefde en sensualiteit en seks bespreek en hier is maar net ‘n paar van my groot klomp liefdesgedigte:

Ek ken die diepte van liefde

Ek ken die diepte van liefde
wat verder gaan,
wat baie hoër is,
as blote gevoelens wat gevind word

in elke liefkosing en soen
wat ‘n veel dieper betekenis het
as wat gevind word in die soetste saligheid
wat meer roerend is

as dade en woorde
en vertroue en respek as middelpunt het,
meer diepsinnig is as klanke van stembande,
wat verder gaan as wat mens kan verwag:

as twee mense minnaars, kamerade en vriende is,
meer gee as wat moontlik is deur voornemings en vermoëens.

Sonnig is jou oë

Sonnig is jou twee oë as ek na jou kyk,
soos sonne aan die horison
en helder is die blik wat in my siel in
sny deur alle tyd en dinge verby.

Sag is jou hand wat myne betas
en my bloed laat kook
en nog sagter jou lippe wat myne bestryk,
en alle ander beelde van my verdryf.

Soet is jou woorde in my oor
terwyl ek my hart by jou verloor
en hartseer dinge in jou oë lees
met beloftes van wat mag wees.

Wonderlik is dit as ek aan jou raak
en jy brandende vonke in my los maak;
Nog meer wonderlik is dit as ek besef,
dat dié liefde tussen ons alles tref.

Jy het met jou kop op my bors gelê

Jy’t met jou kop op my bors gelê
en baie min in die nag gesê
so asof woorde onnodig was
en ek wou my hele lewe tot jou toelê.

Buite het die plantegroei
spookagtig beweeg waar storm winde loei
en die reuk van liefde en reën het die lug gevul
en jou lyf het nog warm teen my gegloei.

In die kamer was dit ysig koud,
maar warm teen jou lyf en boud,
ek het jou hart in jou tepel voel vibreer
en ons gevoelens was intens nuut en eeue-oud.

As niks my meer vrede bring nie

As niks my meer vrede bring nie,
selfs in die hemel of op aarde
en as ek niks pragtig, of selfs glorieryk vind
in die sterre wat vlam in die duister nag

dan is jou oë vol sprankeling
met ‘n innerlike skoonheid wat liefliker is
as enige skynende ligte,
as die reën druppels gevul met lewe
wat val gedurende ‘n helder dag,

jou glimlag my lief, is soos ‘n sonstraal
helder in intensiteit, verblind jy my
en jou lag klingel in kosbare note
soos ‘n omvangryke simfonie en ek wil vry wees,
met geen ander geselskap as joune nie.

Gedurende daardie goue lente

Daar was ‘n plek in die tuin
waar die pragtigste lelies groei,
en daar was een karmosyn roos
en jy was sipier van die tuinslang,

altyd opgewek vol sonskyn en nooit bedroef
en met tye het ek jou omhels
jou oor en neus gekielie met ‘n veer
en jy was of uiters gelukkig of vêr by vies verby

met tye gierend met lag, half grensend
kon krap, byt of skreeu
terwyl die veer sirkel en roer
en in beantwoording het jy roomys ingevryf
in my gesig, op enige plek gedurende daardie goue lente,
maar nou’s dit lank terug, soos ‘n veraf droom.

Kan ek ‘n enkele roos aan haar gee (in antwoord op Edmund Waller)

Kan ek ‘n enkele diep rooi roos aan haar gee
as ‘n getuie van my liefde, my integriteit
dat sy in die uitdorring kan sien

hoe tingerig die lewe is
en weet
hoe dierbaar sy vir my is

en mag dit wees
dat hierdie enkele ding
haar na my arms bring

[Verwysing: Go, lovely rose deur Edmund Waller.]

In louter skoonheid oorskry my minnares se oë die son (in antwoord op William Shakespeare)

In louter skoonheid oorskry my minnares se oë die son,
haar lippe is pragtiger as die opkoms daarvan,
haar borste is sag en vars, elkeen
met ‘n pienk breekbaarheid, roos puntig, heel uitsonderlik
en geen draad, koring of mielies is geskik vir die skakering
van haar fraaie hare, of so tenger as die stringe daarvan
en haar asem, haar geur glans uit bo die van haar gevolg
en die varsheid daarvan, herinner my aan ‘n nuwe ontwaking
en skugter onskuld is in die blos van haar wange
as sy uitlokkend passievol gereed is vir my plesier
en amper honger uitreik, soek
na my geselskap, my liggaam soos ‘n lelie van die nag:
uitsprei met haar kelke, oopvouend my in haar omhelsing intrek
in louter betowering, met amper bonatuurlike grasie.

[Verwysing: Sonnet 130 My mistress’ eyes are nothing like the sun deur William Shakespeare.]

My minnares se oë (in antwoord op William Shakespeare)

My minnares se oë het ‘n blouer skakering
as die kleur van kobalt lug,
koraal of tamatie kan nie vergelyk
aan die liefkosing van haar lippe nie

en die aanraking van haar vinger punte
is sagter as enige bries
en die kleur van haar hare is meer besonder, uniek
as enige gras, of wat metaal drade kan hê

en haar borste en tepels
het ‘n groter suiwerheid, aanlokking
as enige sneeu of selfs lente knoppe
en die skoonheid in haar, is meer welriekend
as blomme, as wat selfs rose vertoon
as ons ware behoefte vir mekaar ontvou.

[Verwysing: Sonnet “My mistress’ eyes” deur William Shakespeare]

Jy blom gedurig in ‘n eindelose lente (in antwoord op William Shakespeare)

Tussen jou prag en die van ‘n lentedag
kan ek ooreenkomste kry
as lieflike voëls sing
en reën nuwe lewe bring

en tog gaan die seisoen te vinnig verby
maar nog is jy aangenaam en vol liefde,
‘n wese sonder enige blaam, edel en rein

en terwyl die son helder skyn,
die lug kobalt blou is, het jou oë ‘n donkerder tinteling

en as die nag die dag verslind
sprankel jou oë met groter luister
as enige ligte van die wye duisternis:

en jy blom gedurig in ‘n eindelose lente,
met ‘n diep prag wat eg is, wat ek in jou vind.

[Verwysing: Sonnet 18 “Shall I compare thee to a summer’s day?” deur William Shakespeare.]

Jy was soos ‘n engel omring deur sonskyn (Villanelle)

In die poel van die fontein
weerkaats die lug kobalt blou
en skadu’s val oor die binneplein

en daar’s beelde wat in my brein
warrelend opspruit van my en van jou
in die poel van die fontein

en jy was soos ‘n engel omring deur sonskyn
en ons het mekaar druipnat hier styf vasgehou
en skadu’s val oor die binneplein

en selfs die wind waai met ‘n lied, ‘n refrein
en daar’s suiwer wit lelies wat ek aanskou
in die poel van die fontein

en die tydjie saam met jou was tog edel, tog rein
of so het almal gedink en ons het die aanskyn daarvan behou
en skadu’s val oor die binneplein

sketsend van die twee van ons, val lyn op lyn
en die lug weerkaats nou baftablou
in die poel van die fontein
en skadu’s val oor die binneplein.

Sy vlug van my (in antwoord op Sir Thomas Wyatt)

Sy vlug van my,
sy wat eens my geselskap nagejaag het
wat my tederlik bemin het
is nou wild soos ‘n tierkat
vergeet heeltemal,
het geen benul van die liefde wat ek vir haar het

en ek droom nie,
maar sy’t my sagtheid omgedraai in wilde woede
deur haar snaakse verlating, die verandering in haar
en nou is sy heeltemal anders
van hoe sy eens was
en behandel my soos drek

vergeet van die baie kere
wat ons gesoen het en beloftes gemaak het
en as ek haar laat gaan,
in die wye wêreld in
as net nog ‘n gedierte, verdien sy dit.

[Verwysing: They flee from me deur Sir Thomas Wyatt]

Sy het my eers bemin (in antwoord op Sir Thomas Wyatt)

Sy het my eers bemin
met liefde in haar oë,
vuur en elektrisiteit in elke aanraking
met die glorie van reënboë

en nou’s daar net veragting in haar donderende blik,
laat sy my geboë asof ons vreemdelinge is
word sy in die lewe se valle verstrik
en nou’s sy wild soos ‘n gedierte in die wildernis

wat roof en verskeur en selfsugtig eise stel,
soos ‘n helse kat wat my slu bekruip
asof my liefde en sagmoedigheid nie meer tel
en met woede en verwoesting insluip

en dan later ween en van my verneem
waarom is ek so van haar vervreem?

[Verwysing: They flee from me deur Sir Thomas Wyatt]

Dat jy eens gruwelik was bring nou deurlugtigheid

Dat jy eens gruwelik was bring nou deurlugtigheid
en vir al die pyn wat jy eens uitgedeel het
pla dit my nie meer
en niks kan nou

ware rekenskap eis, of wraak neem nie
want dit is ‘n helse lang tyd terug
en ek is lank nie meer geskud
oor wat ek moes verdra van jou wandade

en nog tref die werking van die noodlot
veel harder as enige ding wat ek sou doen
maar waarlik deurboor die snerpenheid presies waar dit pas
asof my smart onthou is:

in rekenskap moet alle mense voor God ‘n prys betaal:
vir my absolusie, vir jou straf om my vry te koop.

[Verwysing: Sonnet 120 “That you were once unkind befriends me now” deur William Shakespeare.]

Dat jy haar van my geneem het

Dat jy haar van my geneem het
toe ek haar waarlik lief gehad het,
asof sy vry van die huwelik is,
asof sy behoorlik aan jou kon behoort.

Is dit nie net ‘n onopregte ding
maar om so te doen onder die dekmantel van vriendskap,
is iets wat deurboor met die wroeging daarvan
soos om ontheilegend te wees gedurende godsdiens.

Jy’t iets goddeloos gedoen
en glimlaggend die mes in my rug gesteek,
nooit was julle intensies om goedhartig te wees
en dolgraag het julle genadeloos, selfs dodelik opgetree:

Sy, deur vir jou te val en ontrou aan my te wees.
Jy, deur aan my te gee wat nie betaamlik is nie.

[Verwysings: Sonnets 41 & 42 “Those pretty wrongs that liberty commits” en “That thou hast her it is not all my grief” deur William Shakespeare.]

Sodat betekenis ‘n eie werklikheid kry

(in antwoord op Johan Johl)

As woorde oorbodig is
hulle vermoëns verloor
om my liefde vir jou oor te dra

laat ek die vertaling
aan my lippe, tong, mond
en vingers oor

en as jou slagaar geheimsinnig
teen jou nek klop
en ek drome in jou oë sien

weet ek opeens wat die betekenis
van al die liefdes kaartjies in Cardies is
hoe diep oogkontak kan bind,
dat mens iemand besonder kan vind

op ‘n plek waar jy dit die minste verwag,
hoe mense na mekaar kan smag
as hulle op vreemde plekke
vir die eerste slag na mekaar kyk

en as die lewe maar net so eenvoudig kon wees
sou woorde wonderwerke kon doen
gelykstaan aan ‘n soen,
geen gevoelens of emosies verbloem
en die regte dinge sê sonder enige vrees.

As woorde betekenis beroof,
dit wat tussen ons is uitdoof,
sê ek niks terwyl jy al warmer raak
nog minder enige iets, as ons liefde maak

sodat betekenis ‘n eie werklikheid kry.

[Verwysing: Vertaling deur Johan Johl.]

Die insit van die saad

Jou liggaam is sag en warm,
waar jy uitgestrek
op die bed lê.

Elke deel van jou liggaam
trek my oë
en op die een of ander manier,
is daar meer as net behoefte en lus
wat tussen ons wakker word.

Twee berge met gepunte pieke
rys op en af
en reageer op sagte aanraking
en jou nek is slank
en sag onder my lippe.

Jy bewe as ek jou ore raak
en iet in jou oë
laat my manlikheid lewe kry
en jou sagte vingers
draal magies oor my.

‘n Krullende kol
met klossies donker hare
trek my vingers,
na die warm en sagte intensiteit
van deel van jou raak.

‘n Heilige oomblik hang tussen ons
en as ek in jou in gaan
is daar iets magies,
wat om my vou
en ons rys en daal
en jou uitroepe en kreune
dryf my mal
en ek voel jou sidder
onder my
en die saad bruis uit.

Oomblik rek uit en uit
en ek sit die saad in vrugbare grond
en ek hoor jou asemhaal
en voel jou hart klop
soos deel van my
en ek’s joune
en jou hare skuur sag en tintelend
oor my wang
en daar’s vonke
baie diep in jou goue oë
en op ‘n manier
kan ek God
in die liefde tussen ons voel.

Die storm tussen ons twee

Hoe dein jy soos die see
in die storm tussen ons twee
en terwyl dit woed
vind ek nêrens land
en dryf rond

en jou golwe breek gedurig
en digter aan my lyf
sleur my mee

en sluit baie intiem
rondom my stuurstang
en jou labia omsingel my
terwyl ek deur jou waters ry

en later teen jou anker
en sien hoe twee gebergtes op en af rys
en hulle spits pieke wys

en uitrus terwyl jou golwe nou
meer strelend is,
voor die volgende storm kom.

Onthou

Daar’s vanoggend leë glase
met die geur van St. Anna
wat op die tafel staan.

Die lang reghoekige kers flikker nog
as enkele getuie
en dis asof jou geur
nog aan my lyf kleef

en ek onthou jou tong
wat om myne vleg
en hoe groot jou oë
in die kerslig lyk

hoe pragtig jou haarlose labia
vanoggend lyk
en jou hand oor die haartjies
by my geslag stryk
jy soos ‘n blom oopvou
en ons in mekaar in smelt
en ek in jou ontplof
en jou hart dof hoor klop

en nou dat jy weer terug
by die huis is
en ek hier my ding moet doen
onthou jy ook nog vanoggend en gisteraand?

En as die son vanaand sak
sal jy ook aan my dink
en sal jou hart nog steeds
in jou rinkink?

As

Ek voel jou rondom my geleibuis
waar jy hitte gee, in passie vernou
totdat daar ‘n lading tussen ons vloei
soos ‘n donder straal, waarlik verenig

en jy skreeu in ekstase
klou aan my, met naels
wat in my rug inslaan

en ek sien die rou krag van passie
vlammend in jou goue oë
soos twee sonne in ‘n kern reaksie

en voel jou verstyf en bewe
gevul met nuwe energie
wat jou hele liggaam laat gloei

en ek is in jou sentrale as
gekoppel, besig om energie uit te druk, lewe te gee
en vir ‘n oomblik is dit ‘n ander wêreldse konneksie
wat ons saam laat vlam, jou myne maak.

Daar is ‘n oomblik in tyd

Daar is ‘n oomblik
waar interaksie met die vroulike vorm,
waar die aanloklikheid van oë, mond, aanraking en vel
jou in trek
en dis asof jy lewe
in ‘n tyd en plek ontbloot
van elke ander ding
waar godsdiens, die hemel en hel
weg gevee word deur blote saligheid
waar ‘n oomblik waarlik onmeetlik is
in die verval en vloei van paring
waar die saamwees alles word.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Cornien het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak