Jongste aktiwiteit:

3 Eenvoudige en ingewikkelde poësie
vir

3 Eenvoudige en ingewikkelde poësie

3 Eenvoudige en ingewikkelde poësie

Steeds is daar mense wat meen dat gedigte wat in uieskille geskryf is, beter is as eenvoudige gedigte as ‘n tipe of soort sonder om die twee gedigte tot mekaar op te weeg en in N.P. van Wyk Louw se tyd was daardie selfde kettery ‘n probleem. (1)

Twee sienings pla my: (i) dat nuwe poësie omtrent altyd oor poësie self gaan en dus kom met ‘n kuns ingestelde vraag en (ii) dat gedigte wat in laag op laag geskryf is en kripties geheg is en dus half onverstaanbaar is, beskou word as enigsins beter, as gedigte wat vloeiend, spontaan, oop en eenvoudig voorkom.  N.P. van Wyk Louw het voor dieselfde probleme te staan gekom. (2)

Die uieskil gedig het vir die mense wat dit voorstaan (dalk onderwysers of sommige professore of wie ook al) een dieper betekenis na die ander, as mens die uieskille afstroop, maar hierdie proses van die afstroop van die verskillende skille of laë, maak dat die kritici dit as ‘n metodiek ontwikkel eerder as om met die oor na ‘n gedig te luister.  Wat ek hiermee bedoel is dat klank en gevoel van ‘n gedig so verlore gaan.  Klank en sfeer word dus dan nie op ag geslaan nie.  (3)

Ons kan nie goeie smaak afwentel tot die klassifikasie van ‘n gedig nie en moet elke gedig op sy eie meriete beoordeel. D.J. Opperman en Elizabeth Eybers het pragtige uieskil gedigte geskryf, maar waar ‘n eie skil gedig vrot is, is dit tot in die kern daarvan verrot.  (4)  Ons is ook hier besig om gedigte wat op die oor klank het te skryf en nie net blote blokkiesraaisels nie. (5)

Gedigte kan kripties wees omdat die idee of gedagte daaragter ingewikkeld is, selfs al word die gedig in eenvoudige taal geskryf,  die digter se eie veld van verwysing kan buite ons s’n strek, die gedig kan a-logiese oorgange hê met spronge of breuke.  Nog skryf ons gedigte soos wat ons wil en soos wat hulle na ons toe kom en sê ek geensins hier vir digters hoe om hulle gedigte te skryf nie, maar rig ek my eerder hier op mense wat die gedigte van ander krities ontleed om die oor as ‘n maatstaf te gebruik.

U sal merk dat ek die meeste van my gedigte as oop en spontaan en redelik eenvoudig probeer skryf, aangesien dit na my mening die moeiliker vorm is, as die ander uiterste waar daar gedurig van skille gebruik gemaak word.

Ons weet almal om eerder ons gedigte in spreektaal te skryf wat met vloeiendheid en verstaanbaarheid saamgaan.  Dit is vir my belangrik dat selfs ‘n kind wat kan lees en skryf, ‘n begrip van my gedig moet kan koester.  Nie dat die onderwerpe altyd vir kinders bedoel is nie en hierdie skryf metodiek het nie die effek dat dit gedigte van diepte stroop soos wat sommige mense dalk mag glo nie.  Oordeel maar self my gedigte en u sal diepte en afgrond daarin vind.

Die ding wat my verpes met dat nuwe poësie omtrent altyd oor poësie self gaan en dus kom met ‘n kuns ingestelde vraag na vore, is dat mens dan so ‘n digter inperk, klaar ‘n kassie bou en aan die digter dikteer hoe sy of haar gedigte moet wees. (6)

Voetnotas:

(1) “Is dit dan nodig om te betoog dat die eenvoudige poësie goed kan wees? ja, selfs beter as die meer ingewikkelde? Met die antwoord:  “Ja, dit is nodig; want daar is al digters en “kenners” by ons wat glo dat die eenvoudige poësie vanself en as soort minder is as ingewikkelde poësie.” N.P. van Wyk Louw “Rondom Eie Werk,” 1970. Tafelberg uitgewers P63.

(2) “Die twee menings wat ek wil bestry is: een- dat poësie wat “modern” wil wees, so te sê altyd oor poësie gaan, ‘n “kuns-teoretiese-laag” het; die – ander dat poësie wat “laag op laag” besit en “duister” is, beter is as “spontane,” “oop” gedigte.  U moet in die verbygaan oplet dat die twee begrippe in een koffer hier ingesmokkel is: “spontane” en “oop” poësie.  Dit is bekend dat poësie wat “oop” lyk, dikwels allermins “spontaan” is – die Duitse digter, Heine, het glo van sy skynbaar aller maklikste gedigte tot veertig maal oorgewerk om daardie spontanïteit en eenvoud te verkry.  En meer as een modernis rammel sy “ingewikkelde” gedig met ‘n half bottel soetwyn af.”  N.P. van Wyk Louw “Rondom Eie Werk,” 1970. Tafelberg uitgewers P64.

(3) “Die afskil-metode van verklaar het vir kritici ‘n groot voordeel: dit ontslaan hulle van die plig om poësie ook met die oor te benader; om die klank, ook van die rymlose poësie te beluister; om die lewensfeer van die grootste eenvoudige vers aan te voel – soos in Goethe se “Űber allen Gipfein ist Ruh.”  ‘n Mens moet dié soort kritikus verse hoor voorlees:  dit klink soos koerantartikels.”  N.P. van Wyk Louw “Rondom Eie Werk,” 1970. Tafelberg uitgewers P65.

(4)  “Maar daar is ook vrot uiegedigte.  Weer staan ons voor die feit dat geen kuns beter is as ‘n ander soort nie. Elke werk moet op eie meriete beoordeel word.  Goeie smaak kan nie gereduseer word tot klassifikasie nie, sodat jy – as jy agterkom dat my met die soort, “uiegedig,” te doen het – dit dadelik as ander soorte mag reken.”  N.P. van Wyk Louw “Rondom Eie Werk,” 1970. Tafelberg uitgewers P65.

(5)  “Wanneer ons aan die begin van die opstel waaruit ek aangehaal het, die bewering vind dat ‘n goeie “soort” leser “die geslote, kriptiese vers verwelkom, omdat hy juis teenoor die duistere voorwerp sy vindingrykheid en ontdekkingsvermoë op die proef kan stel,” dan weet ons dat ons die gebied van die insig in, en waardering vir die poësie verlaat het, en oorgestap het na die gebied van die blokkiesraaisel.”  N.P. van Wyk Louw “Rondom Eie Werk,” 1970. Tafelberg uitgewers P65.

(6) N.P. van Wyk Louw lewer verder ‘n groot betoog oor dat nuwe poësie omtrent altyd oor poësie self gaan en dus kom met ‘n kuns ingestelde vraag in sy “Rondom Eie Werk,” waarmee ek heeltemal saamstem en u is welkom om dit self te lees vanaf P72.

STOF EN TEGNIEK




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Cornien het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak