Jongste aktiwiteit:

85 Die Roundelay
vir

85 Die Roundelay

85 Die Roundelay

Die roundelay is ‘n eenvoudige en gewilde Engelse versvorm wat terug gaan tot by die tyd van Chaucer. Die bestaan uit twee of meer kwatryne en daar is nie ‘n perk aan hoe lank die gedig kan wees nie. Die kwatryne bestaan elk uit twee rymende koeplette waar die tweede koeplet dieselfde rym het in elke stansa en die laaste lyn van elke kwatryn ‘n refrein is.

Die rymskema is dus aabB1/ ccbB1 / ddbB1… (hoofletters dui soos gewoonlik op ‘n refrein versreël.) Gewoonlik word hierdie versvorm in jambiese pentameter metrum geskryf.

Maryse Achong se gedigte “Life’s Rhythms” en “Letter” en Gloria Carpenter se gedigte “At Last,” “His name is Bruce” en “Ridgeback Dreams” is goeie voorbeelde van hierdie versvorm.

Hier is my pogings tot die roundelay in Afrikaans:

Vroeg somer (roundelay)

Die jaar is vol van die warm oop blou lug,
elke lenteblom het reeds omgesit tot vrug,
as die wasdom van die somer verskyn
en vêr weg is al die onmin en pyn.

Daar is uitbundige voëls net waar ek gaan,
reusagtige akkerbome blaar bedek in die laan
terwyl die son tot laatmiddag helder skyn
en vêr weg is al die onmin en pyn.

as somer reën gedurig vrugbaar neerstort,
dae ‘n tyd van deurlugtigheid word,
liefde glinster in die blik op jou aanskyn
en vêr weg is al die onmin en pyn;

as God my land in sy eie palm hou,
‘n tyd van naasteliefde stadig ontvou,
as alles wat stryd bring stadig verdwyn
en vêr weg is al die onmin en pyn.

Hy is vasgevang in tyd (roundelay)

(na Mandi Engelbrecht)

Die gesigte om hom is ‘n verwarrende see
van vreemde mense vir wie hy nie omgee
en hy hou hom weg van plesier en genot,
hy ken nie meer sy Bybel of vir God.

Daar is geen mooi meisie wat hom vasvang
en hy is vir die ganske lewe bang,
mense op straat is aardig of verspot;
hy ken nie meer sy Bybel of vir God.

Sy vrou het hom een donker nag verlaat,
opgewek van haar nuwe minnaar gepraat,
alles saam gevat selfs die laaste blompot;
hy ken nie meer sy Bybel of vir God;

sy het vir die wêreld vertel dat hy rond hoer,
dat hy enige ander vrou gedurig uit loer,
dat hy hom hou by geen Goddelike gebod,
hy ken nie meer sy Bybel of vir God;

by die heilige kerk het hy sy werk verloor
toe meer en meer mense dié skinder storie hoor,
hy skel homself uit dat hy dom is soos ‘n sot,
hy ken nie meer sy Bybel of vir God.

Sy hele lewe is gebroke in stukke,
om hom is slegs verwarrende indrukke,
dis of al sy vriende nou met hom spot;
hy ken nie meer sy Bybel of vir God.

Hy sluit hom in sy binnekamer op
maak vir niemand oop wat buite aanklop,
hy vind geen nuwe ander werk aanbod,
hy ken nie meer sy Bybel of vir God.

Snags is hy ‘n enkeling, byna ‘n monnik
en hy leef van duister oomblik na oomblik
is vasgevang in tyd en voel vuil en verrot;
hy ken nie meer sy Bybel of vir God.

Daar is ‘n ander wêreld in sy gedigte,
in herinnering dwalende soekende gesigte
en drome van ‘n uitkoms is half verspot;
hy ken nie meer sy Bybel of vir God.

Hy plant afrikaners, rose en jasmyn;
voel die aarde in sy hande en te veel pyn,
hy is gebroke en byna bankrot;
hy ken nie meer sy Bybel of vir God.

[Verwysing: “Speel vir tyd” deur Mandi Engelbrecht.]

Oujaarsaand (roundelay)

Die jaar loop met tyd getik stadig dood,
die nuwe jaar is in haar barensnood
as die bure oorkant hul aan drank versuip,
bang vir die fees geknal die kat weer insluip.

Sober vier ons fees, wag ek vir middernag,
hoor buite gedurig donderende slag op slag
as tyd baie stadig die nuwe jaar bekruip,
bang vir die fees geknal die kat weer insluip.

Later hang nog meer meteoriete se geknal
soos sterre buite aan die ganske heelal,
as die bure vergader om ‘n wynkuip,
bang vir die fees geknal die kat weer insluip.

Ek moet byna ‘n oggend in rye wag (roundelay)

Ek moet byna ‘n oggend in rye wag,
gevang in die belastinggaarder se verbete mag
en die verval is nie ‘n ras gebonde ding
toe daardie mense onbekwaam my tyd verwring.

om ‘n sertifikaat wat gereed is af te haal
het die klomp my in ry op ry laat draal
dat ek eintlik regkom was net ‘n bestiering
toe daardie mense onbekwaam my tyd verwring.

Nylon bene asof ingesmelt in hom (roundelay)

Nylon bene asof ingesmelt in hom
sien ek die twee om ‘n sirkel kom,
waarna ‘n robot lig hul skielik vang
toe sy met arms rondom hom bly hang.

Ek sien ‘n swart ronde helm op sy kop
toe hulle vir verkeer skielik moet stop
met blonde hare wat val oor haar wang,
toe sy met arms rondom hom bly hang.

Rit op ‘n stedelike bus (roundelay)

Op die leë bus kom sy reg langs my sit,
in haar swart gesig glinster haar tande wit
as sy kougom kou, haar Amerikaans wil hou;
as sy glimlag, my van kop tot tone aanskou.

Ek maak of ek haar glad nie eens opmerk,
hou my besig met ‘n verslag van my werk,
tot haar hand skielik sag om my been vou,
as sy glimlag, my van kop tot tone aanskou.

Ek wil haar afjak, as ek my werk neerplak,
ek wonder hoe om die situasie aan te pak,
sien haar bloes teen haar bralose tepels klou
as sy glimlag, my van kop tot tone aanskou.

Ek is dodelik stil as sy haar bene kruis
haar mini romp hoër gly, buite druis
daar straat rumoer as ek my koerant oopvou,
as sy glimlag, my van kop tot tone aanskou.

Toe ‘n hand myne vat en op haar bobeen neerlê,
ruk ek los, vra onthuts: “Wat wil jy hê?”
Ek skrik toe sy prontuit sê: “Vir jou.”
As sy glimlag, my van kop tot tone aanskou.

Seisoene van die lewe (roundelay)

Die tuin weerspieël in die helder glas
terwyl die somer reën nog steeds neer plas
as blomme heen en weer swiep, opwaarts wys,
met winter tot niet gaan, in die somer herrys.

So vind mens soms self ‘n ontreddering
as ‘n verhouding slegs ‘n soort onheil bring,
asof liefde ook soms op ‘n tyd verys,
met winter tot niet gaan, in die somer herrys.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Cornien het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak