Jongste aktiwiteit:

96 Die Keith Douglas Rym skema
vir

96 Die Keith Douglas Rym skema

96 Die Keith Douglas Rym skema

In sy gedig “Now in my dial of death appears” maak Keith Douglas (‘n digter gedurende die Eerste Wêreld Oorlog) rofweg gebruik van die volgende rymskema: abccba / deffed vir die twee stansas van sy gedig.

U sal merk dit is asof elke stansa van die gedig na binnetoe fokus waar daar in die middel van elke stansa van paarrym gebruik gemaak word. Die prentjie wat mens kry as hierdie paarrym versreëls teen mekaar afgespeel word is nogal interessant.

Ek haal die gedig hier aan as ‘n praktiese voorbeeld van hierdie rymskema:

“Now in my dial by Keith Douglas”

“Now in my dial of death appears
the soldier who is going to die.
He smiles and moves about in ways
his mother knows, habits of his.
The wires touch his face: I cry
NOW. Death, like a familiar, hears”

“and look, has made a man of dust
of a man of flesh. This sorcery
I do. Being damned, I am amused
to see the centre of love diffused
and the waves of love travel into vacancy.
How easy it is to make a ghost.”
(Keith Douglas)

As ‘n antwoord op sy gedig skryf ek my gedig “Forced to meet an enemy in a rifle’s sight” en gebruik dieselfde rymskema, maar ‘n uitgebreide rymskema na die l’Envoi gedeelte:

Forced to meet an enemy in a rifle’s sight (in answer to Keith Douglas)

Forced to meet an enemy in a rifle’s sight
a unknown man appears, scratches his head,
he lights a cigarette, draws on it until it glows,
looks at a photo in a way that only his wife knows
his attention moves somewhere up ahead,
to some ibises in their screeching flight

the crosshairs move to his heart bit by bit
while mechanically I test the wind,
thoughts of his family life now means nothing
while on the trigger my finger is pressing,
and no escape can a mortal man find
against full metal jacket bullets that accurately hit.

l’Envoi
Far too familiar is death’s smell,
when every soldier is more machine, than man,
far too familiar are the sounds of bullets whining,
the sight of bodies lying lifeless,
as putrid rotting human flesh, heartless,
the horrors of war are undermining
the essence of being human,
as soldiers live afterwards in a daily kind of hell.

[Reference: “Now in my dial of death appears” by Keith Douglas.]

In my gedigte “God die skepper,” “God die kunstenaar,” “God die verlosser,” “In die sandwoestyn was ons stil,” “Die woestyn was die kleur van kaneel” en “Soms as ek in gebed neerkniel,” “As blote oomblikke heilig is” skryf ek hulle in presies dieselfde struktuur as die Keith Douglas rymskema

In my gedig Eheu Fugaces maak ek vir die eerste drie stansas van Collins sestette gebruik maar die eerste stansa na die l’Envoi is volgens die Keith Douglas rymskema. Die tweede stansa na die l’Envo is ‘n uitgebreide vorm van die Keith Douglas rymskema.

Hier is my Afrikaanse gedigte wat die Keith Douglas rymskema volg:

God die skepper

a Daar is dieper wiskunde, groter wetenskap
b in die samestelling van die heelal,
c in hoe dinge daarin funksioneer
c terwyl blote mense deesdae beweer
b dat God nie die skepper is, dat dinge nie verval
a en nog probeer die mens om God te snap

d so asof die mens nie self sterflik wegraak
e en self almagtig kan bly bestaan,
f die wette en samestelling van selfs God ken,
f maar in alles wat bestaan het God Sy wil neergepen
e Hy weet van die bane waarin alle dinge gaan
d want God het as die skepper alles gemaak.

God die kunstenaar

Daar is groter kuns in die kleur van die lug,
in die doek waarmee die nag haarself bedek,
in die son wat elke môre betyds kom
en daagliks staan ek net gedurig verstom
as blomme en bome hulle kleed aantrek
selfs herinneringe swiep my gedurig terug

na donderbuie wat glansryk losbars
na watervalle wat sproeiend water sprei,
as wat ek in menslike meesterstukke vind
en soms staan die mens ietwat verblind
so asof hy die God van die hemele kan vermei
maar gedurig bly Sy kuns glorieryk vars.

God die verlosser

Daar is groter liefde in dat God onskuldig sterf,
dat Hy Homself wat almagtig is verlaag
na die gestalte van ‘n blote mens,
toelaat dat aardse wesens hom verwens,
selfs God in al Sy krag uitdaag
om in versoening ‘n ewige lewe te erf

as die liefde wat blote mense ken
tussen man en vrou, ouer en kind,
as wat die mens van selfloosheid af weet
want nog het God nie sy eie skepsels vergeet,
kom Hy terug om die wat verlore is te vind,
die oorlog tussen goed en kwaad te wen.

In die sandwoestyn was ons stil

In die sandwoestyn was ons stil
waar wit en bruin sand bymekaar lê
het ons aalwyne en lelies bymekaar gesien,
die kelkiewyn of dalk ‘n ander voël miskien,
en nog het ons geen woorde gesê
maar dorstig geen druppel water verspil.

Die uitgestrektheid, die intensiteit
die son wat skroeiend bly brand
het ons nader aan God gebring
wie se liefde deur alle dinge dring,
selfs in plekke van dor klip en sand
en absolute verlatenheid

Die woestyn was die kleur van kaneel

Die woestyn was die kleur van kaneel
berge in die verte was blou,
was opgerol soos pannekoek
en ek was besig om te soek
na ‘n plek om by water stil te hou
die lug was metaal blou, die sand soms geel,

tyd het hier stil gaan staan
waar die verlatenheid mens vang
in die bar landskap waar verwering
net meer en meer sand bring
en stofwolke dralend oor alles hang
die wind wild wapper en stof in alles vasslaan.

Soms as ek in gebed neerkniel

Soms as ek vir gebed in die kerk neerkniel
kom sy met klein waggel tree,
slaan haar twee klein armpies om my
dat die hoofouderling se gebed oomblikke einde kry
as sy met Gertjie, Gertjie ‘n kreetjie gee
en haar vreugde laat sny deur hart en siel.

Dis tuitmond wat sy soms soen,
met klein engel oë in myne opkyk
as daar dalk selfs in die hemel stilte kom
en vir oomblikke is ek verstom
as haar handjie na myne uitreik
soos wat ‘n klein dogtertjie soms doen.

As blote oomblikke heilig is

As blote oomblikke heilig is,
as ek in gebed tot U gaan
word ek deur U teenwoordigheid omring,
sien ek U in elke blom, in elke klein ding,
self die sterre, son en maan
is van U ‘n soort getuienis,

donders wat blouwit val,
die woeste ongetemde stormwind,
bome wat in die lente bloei en bot
vertel my dat U omgee oor my lot
en my uitsonder as ‘n kind
van die almagtige God van die heelal.

Eheu Fugaces

(na A. G. Visser)

Herinner ek jou Annelize my eense lief,
aan elke kaartjie, elke brief,
bosse rose wat ek byna eindeloos gee
die bande wat ons tot ‘n huwelik smee;
vir altyd sal ek van jou weet,
daar is dinge wat ons nooit kan vergeet.

Minette, soms kom oomblikke weergaloos,
jou tyd was breekbaar soos ‘n roos
en nou is daar slegs ‘n droom waarin jy is
want jy is deel van die ewige duisternis;
vir altyd sal ek van jou weet,
daar is dinge wat ons nooit kan vergeet.

Riana, onthou jy nog die somer maan,
toe ons op wittebrood na die berge gaan
hoe vreugdevol jy my toe bemin,
die armband met wilde diere daarin;
vir altyd sal ek van jou weet,
daar is dinge wat ons nooit kan vergeet.

Mandi, onthou jy ons geselsies op die stoep,
die skemeraand as die duiwe mekaar roep,
die verse wat ons beide skryf en deel,
ons was vir mekaar lief of het ek my verbeel?
Vir altyd sal ek van jou weet,
daar is dinge wat ons nooit kan vergeet.

l’Envoi
Daleen, jy is en bly die enigste een
wat my selfloos bemin en vanaf die begin
is dit asof ons liefde van die skepping af draal
asof God self ons verbintenis bepaal
en geen ander vrou kan ek meer innig bemin,
jy is die een wat aan my ‘n grootsheid verleen

jy maak my weer mens, jy maak my weer heel,
as jy gedurig my lewe rig tot nuwe betekenis
en dis vir jou wat ek ewiglik lief het
wat ek soos myself ken en verstaan
en jy is altyd my skadu net waar ek gaan,
die een wat my soms vang soos ‘n net
in tye van groot geluk en uiterste droefnis
met wie ek al my jare wil deel.

[Verwysing: “Eheu Fugaces” deur A. G. Visser. Eheu Fugaces = Ewige gesigte.]




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Cornien het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak