Jongste aktiwiteit:

‘n Perd van ‘n ander kleur

Die spinnerak, die web van die spinnekop, is ‘n verstommende prestasie van ingebore vindingrykheid en tegniek. Spinnekoppe is inverebraat-roofdiere met agt bene, geen tande en geen vlerke nie. Hulle behoort aan die Araneae-familie. Daar slegs sewe spinnekoppe in Suider Afrika waarvan ons werklik kennis hoef te neem. Vyf is gevaarlik en mag selfs dodelik wees. Wanneer ‘n spinnekop of skerpioen jou byt, sal dit help as jy die spinnekop versigtig saam na die hospitaal toe neem, Dokters sal dan weet watter teengif om te gebruik.

Baie mense het ‘n ongekende vrees vir spinnekoppe, nie ekke nie. ‘n Spinnekopbyt kan lewensgevaarlik wees; daarom moet jy ons giftiges kan uitken en hulle met respek behandel. ‘n Verskeidenheid spinnekoppe kom in en om huise voor en kom dus in aanraking met mense. As bonus maak die spinnekop dan jag op insekte soos kakkerlakke en krieke in die huis.
Bruin knopiespinnekoppe, uurglasknopiespinne- koppe huisknopiespinnekoppe minder giftig. Die volgende spinnekoppe word as gevaarlik in Suid-Afrika beskou: die swart knopiespinnekop, die vioolspinnekop, en die sakspinnekop. Die giftigste spinnekoppe word in die bosveld aangetref. Daar is ‘n klein spinnekoppie wat in ‘n miershoop inkruip, en in die geheim tussen sy vyande lewe. Spinnekoppe is streng loners, hulle soek slegs kontak met spesifikasies vir die doel van paring. Spinnekop staan uit dood uit op ná 24 uur in yskas.., Spinnekoppe veroorsaak skok, paniek en ander negatiewe emosies. Hulle is grillerig, sommiges lyk verskriklik groot. Dit is nogal ‘n vreesaanjaende ding om veral soggens jou oë oop te maak en, in so ‘n grillerige gedierte vas te kyk.

Sommige mense het ‘n vrees vir spinnekoppe, kyk moenie vir my sê jy’s bang vir ‘n GROOOOT harige spinnekop nie? Interessant genoeg is die Rooi Roman nie ‘n spinnekop nie, maar wel ‘n mier. Julle is darem maar bang vir miere ne!

Die wetenskaplike Piotr Nasrecki was diep in ‘n reënwoud toe hy ‘n geritsel in die plantegroei hoor – dit was die grootste spinnekope ter wêreld (Theraphosa blondi). Ditt word beskou as een van die gevaarlikste diere in die Amazone-wêreld. … en deel van Sentraal-Amerika.

Ek is kwansuis nie bang vir enige iets nie (soos vroeër vermeld) maar hierdie was ‘n perd van ‘n heeltemal ander kleur, baie meer bene, en oë ook. Hy het vir my met daai oë gekyk, en sy pote begin kap en trap soos ‘n stryd perd wat wag om … Ek praat baie – meer as wat ek selfs hier skryf – ek het altyd ‘n vrees vir spinnekoppe gehad, ek maak hulle nie dood nie. Al het hulle lang bene kan ek vinniger hardloop.

Ek is seker daar is ‘n plek vir spinnekoppe in die wêreld. Spinnekop, o spinnekop, jou nare ding. Dat jy al daai bene saam met jou ronddwing. Spinnekop, o spinnekop jou grillerige ding, dat jy met al daai klein swart kraai ogies mens agt hoekig in die oë kan kyk, is genoeg om van te gil!




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Cornien het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak