Jongste aktiwiteit:

Eerste Reën

die veld lê skrampies
onder ń dun gaatjie kombers
swart stekel knopies
oop bruin vuil vlekke
stukkies wol oor droë grond.

die helder blou vergrys
honde blaf in die wind
jaloers reën val
dankbaar vir die ruik hoop
op buurman se plaas.

wolke wind dans
swaai wit rokke
in disco ligte wat flits
dan plof hier, daar
vier stof blaar blommetjies.

die overture is verby
ń groot drom slaan
note val in oorvloed
kom saam in plasse hemel
wat vloed tot in my
dam.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed